About Us > Meet the Tutors > Wilna Adriaanse
|
|
Wilna Adriaanse - Tutor: Skryf 'n roman Wilna Adriaanse is in die Noord-Kaap gebore, maar het op Worcester, in die Boland, grootgeword. Na matriek aan die Hoërskool Worcester, behaal sy die grade BA en BA Hons in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Verdere studie in Sielkunde volg aan die Universiteit van Suid Afrika.Haar eerste boek is in 2000 gepubliseer en sedertdien het sy nog twaalf boeke geskryf en gepubliseer. Van die meer onlangse boeke is, Rebecca, Met ander woorde, Die boek van Ester en Vier seisoene kind. Al die boeke is reeds verskeie kere herdruk en is steeds in aanvraag en by alle toonaangewende boekwinkels te koop. In 2002 wen sy Lapa-uitgewers se Liefdesverhaaltoekenning. In 2009 word Die Boek van Ester benoem vir die M-Net prys vir Mees Verfilmbare manuskrip en dieselfde boek wen ‘n ATKV/Sanlam Woordveertjie vir Beste Liefdesverhaal. ![]() Wilna se boek, Vier seisoene kind wen ook in 2011 die ATKV Woordveertjie vir Beste Liefdesverhaal. Wilna het haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns, onder leiding van prof Etienne van Heerden, gedurende 2011 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Sy is sedert 2009 ‘n studieleier (tutor) vir die Skryf ‘n roman-kursus van die South African Writers’ College.
Read our Interview with Wilna
|