Basiese Kreatiewe Skryfkursus.jpg
R2,795.00

Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus

'n Inleidende kursus vir aspirantskrywers van kortverhale, romans, memoires en boeke vir kinders

Elke kunsvorm, van kook tot skilder tot houtwerk, het basiese vaardighede wat die beginner moet bemeester voordat hy of sy self 'n unieke werk kan skep. Hierdie aanlynkursus fokus op die basiese vaardighede van kreatiewe skryf: dialoog, aksie en beskrywing.

Studente leer hoe om hierdie elemente in hul werk te inkorporeer, hoe om atmosfeer en spanning te skep en om tonele te skryf wat geloofwaardig klink. Studente voltooi veertig skryfoefeninge in die vier maande en kan stap-vir-stap ondersteuning, leiding en kundige raad verwag.


Kursusbesonderhede:
Modules: 3 Modules
Duur: 4 maande
Aanvangsdatum: Enige tyd - aansoeke word heeljaar aanvaar
Student lewer 40 geskrewe oefeninge met persoonlike hulp van 'n studieleier

Toegangsvereistes:

  • Studente moet Afrikaans goed magtig wees
  • E-pos en Internettoegang is 'n vereiste
  • Geen tersiêre kwalifikasie is nodig nie


Kursusopleier:

 Carina Carina Diedericks-Hugo

Kursusleerplan

Module 1 - Fiksie se onderdele

  • 20 praktiese lesse oor die fynere besonderhede van kreatiewe skryf
  • Leer die volgende komponente: beskrywing, aksie en dialoog.
  • Take: Voltooi en stuur 20 kort oefeninge in oor hierdie komponente

Module 2 - Leer hoe om tonele te skryf

  • Sit alles bymekaar - leer hoe om gebalanseerde tonele te skryf deur gebruik te maak van beskrywing, aksie en dialoog
  • Leer van die meesters - analiseer tonele van Afrikaans se beste fiksieskrywers
  • Skryf leerlingstukke
  • Take: Analiseer tien tonele van gevestigde skrywers oor die volgende: beskrywing, aksie, dialoog, atmosfeer en ritme. Skryf leerlingstukke in die styl van vyf van die skrywers.

Module 3 - Skryf jou eie tonele

  • Hoe om te besluit op die balans tussen aksie, dialoog en beskrywing
  • Hoe om te begin skryf
  • Hoe om te redigeer en te herskryf
  • Hoe om die Groot Skryfdroogte te oorkom
  • Take: Skryf vyf 1000 woord tonele van die verskafte lys. Skryf en redigeer jou tonele.

 

 


Hoe werk die kursus?

Die kursus bestaan uit drie modules. Gedetailleerde klasnotas wat die inhoud van elke module dek, sal per e-pos aan die studente gestuur word.

Aan die einde van elke afdeling sal daar van die studente verwag word om skryfoefeninge te voltooi. Daar is 'n totaal van 40 kort skryfoefeninge wat almal deel uitmaak van die totale punt uit 500.

Sodra die skryfoefening voltooi is en na die dosent gestuur is, sal die student geassesseer word en terugvoer ontvang. Die module sal as afgehandel beskou word en die volgende module sal aan die student gestuur word.


Voorwaardes vir sertifisering:

Studente sal 'n sertifikaat van die SA Writers' College ontvang ná voltooiing van kursus mits hulle aan die volgende vereistes voldoen:

  • Studente moet al 40 opdragte voltooi
  • Die kursus moet binne drie maande van registrasie voltooi word
  • Studente moet 'n minimum gemiddeld van 50% vir die kursus behaal


Minimum verwagte tydsbesteding:

Daar is geen navorsing betrokke by hierdie module nie, slegs beplanning en skryf. Die spoed waarmee jy werk, word deur jouself bepaal. Nadat die modules bestudeer is, behoort die oefeninge ongeveer 'n uur of twee te neem om te voltooi.

You might also be interested in ...

Short Story Writing for Magazines

Short Story Writing for Magazines

This course gives you everything you need to write credible pieces for the Short Story genre, with one-on-one guidance and support from your tutor.

R4,295.00
Skryf 'n roman

Skryf 'n roman

'n Aanlynskryfkursus wat jou help om daardie eerste manuskrip te skryf en die werkinge van die uitgewersbedryf te verstaan.

R5,495.00
Skryf 'n kinderboek

Skryf 'n kinderboek

Hierdie aanlynskryfkursus help jou om 'n publiseerbare boek te skryf vir kinders tussen die ouderdomme agt en twaalf jaar. Jy ontvang stap-vir-stap ondersteuning, leiding en kundige raad.

R5,495.00
p_facebook.gif Follow us on Facebook
p_twitter.gif Follow us on Twitter
We are a PayPal vendor We accept MasterCard We accept VISA

About Us

We offer specialised, online writing courses tutored by award-winning writers. Get the writing tools you need, expert insider advice and hours and hours of writing practice. Work one-to-one with a professional writer and realise your writing dreams.

Contact Us

Email: admin@sawriterscollege.co.za

Phone:      +27 21 975 3979
Fax:            086 544 8858