Skryf roman.jpg
R5,495.00

Skryf 'n roman


Het jy nog altyd daarvan gedroom om ‘n roman te skryf? Ons interessante en praktiese aanlynskryfkursus is ontwikkel om jou stap vir stap te begelei. 
 
Jy kry deurlopend kundige raad, leiding en ondersteuning van Wilna Adriaanse, 'n ervare, en bekroonde Afrikaanse skrywer.  Laat ons jou help om daardie eerste manuskrip te skryf en jou terselfdertyd iets meer oor die uitgewersbedryf te leer. Alles in Afrikaans.
 
Hierdie is ‘n omvattende kursus wat jou stapsgewys leer om ‘n manuskrip te skryf. Leer hoe om dialoog te skryf, karakters te ontwikkel, ‘n storielyn te struktureer en spanning te skep.
 
Aan die einde van die kursus behoort jy ‘n volledige voorlegging aan ‘n uitgewer te kan stuur.
 
Die kursus behels aspekte soos:
  • Die basiese beginsels: tema, perspektief, stem, genre, karakterisering, storielyn, struktuur. (Modules 1-5)
  • Skryfvaardighede: styl, dialoog, hersiening (Modules 6-8)
  • Publikasie: vind ‘n uitgewer, redigering en die produksieproses. (Modules 9-10)
  • Die skrywerslewe: probleme en  neigings (Modules 11-12)

Die belangrikste aspek van die kursus is egter die skryf van jou eie manuskrip. Namate die kursus vorder, verskuif die klem van oefeninge af na meer individuele raad en leiding ten opsigte van jou eie manuskrip. Jy gaan gereeld teksgedeeltes aan jou studieleier stuur, waarop hy/sy kommentaar sal lewer. Hierdie kommentaar sal aan die begin redelik kort wees, maar mettertyd langer word, soos jou storie vorder. Aan die einde van module 12 sal jy waardevolle kennis opgedoen het en ‘n teks van ten minste 20 000 woorde hê.
 
Die doel van hierdie aanvanklike kursus is om ‘n teks van tussen 25 000 – 30 000 woorde te produseer – waarop jy breedvoerige kommentaar sal ontvang. Jy het daarna ‘n keuse of jy met ‘n gevorderde kursus wil voortgaan. Gedurende die gevorderde kursus het jy dan die geleentheid om die manuskrip te voltooi.
 
Kursus besonderhede:
  • Modules: 12 Modules
  • Duur van die kursus: Die kursus kan teen jou eie tempo binne 12 maande voltooi word.
  • Begin datum: Jy kan enige tyd van die jaar via ons webwerf vir die kursus registreer.

Studente moet die volgende voltooi:
  • Aanvanklike teks van tussen 25 0000 to 30 000 woorde
  • ‘n Begeleidende brief aan ‘n uitgewer

Toelatingsvereistes:
  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik
  • Rekenaarvaardighede, e-pos en Internet toegang word verlang
  • Geen na-skoolse opleiding/kwalifikasies is nodig nie

Skype option Vanaf module 6 is daar ‘n skype-sessie vir hierdie kursus beskikbaar. Sien meer hieroor . . . More...

Studieleier vir hierdie kursus :

Wilna- Wilna Adriaanse

Leerplan

Module 1 - Jou roman: 'n inleiding

  • Waarvoor het jy jouself ingelaat?
  • Vrae wat dikwels gevra word
  • Kom aan die gang
  • Sukkel met skrywersblok (writer’s block)
  • Vind ‘n Roetine

Module 2 - Die grondbeginsels

  • Waarvoor het jy jouself ingelaat?
  • Vrae wat dikwels gevra word
  • Kom aan die gang
  • Sukkel met skrywersblok (writer’s block)
  • Vind ‘n Roetine

Module 3 - Karakterisering

  • Karaktergedrewe verhale
  • Leer ken jou karakters  
  • Hoeveel om te Openbaar en Wat om te Verswyg
  • Karakterisering dra by tot die Storielyn
  • Vind ‘n Roetine’n Verskeidenheid Karakters
  • Dialoog
  • Wees op die uitkyk vir

Module 4 - Storielyn

  • The King Died, the Queen died
  • Storielyn en genre
  • Deurslaggewende Elemente in ʼn Storielyn
  • Klassieke Storie-Struktuur
  • Karakterboë
  • Onthou die Uitgangspunt (Premis)
  • Newe-storielyne
  • Verbreek die Reëls
  • Praktiese wenke

Module 5 - Struktuur

  • Basiese Eienskap van ’n Toneel
  • Skep Tempo en Spanning
  • Die Geheim van Oorgange
  • Vermy Tyd Knope
  • Die Samestelling van Paragrawe
  • Begin en Einde
  • Uitsonderings op die Reël

Module 6- Skryfstyl

  • Wat is Styl?
  • Kan Goeie Styl Aangeleer Word?
  • Wys, Moenie Vertel Nie
  • Mooiskrywery (‘Purple Prose’)
  • Ritme en Musiek
  • Flagrante foute (die meeste van die tyd)

Module 7- Dialoog

  • Waarom is Dialoog Belangrik?
  • Skryf sterk dialoog
  • Identifiseer die spreker
  • Dialoog uitleg
  • Voorbeelde

Module 8 - Hersien jou werk

  • Waarom Redigeer?
  • Die Geval Van “On the Road”
  • Wanneer is die regte tyd om te begin hersien?
  • Is Dit Nie Proeflesers Se Werk Nie?
  • Beteken’n Klomp Hersiening Ek Is ‘n Slordige Skrywer
  • Wenke vir Hersiening

Module 9 - Om jou boek te verkoop

  • ‘n Waarskuwing
  • Doen jou huiswerk
  • Om dit voor te lê
  • Die Groot Wag
  • Aanvaarding…en die Kontrak
  • Agent Of Nie?

Module 10 - Die produksieproses

  • Redigering
  • Bladsy uitleg
  • Proeflees
  • Omslagontwerp
  • Die reklameteks
  • Drukkers toe!
  • Berging en Verspreiding
  • Bemarking
  • Geldmaak
  • Skedulering

Module 11 - Die skrywer se lewe

  • Doen die Praatwerk
  • Die Gevreesde Resensies
  • Na die Feestelikheid
  • Maniere om volt e hou
  • ‘n Paar Noodsaaklikhede
  • Verbind jouself tot dié Lewe

Module 12 - Die pad vorentoe

  • Boeke in die toekoms
  • Self- publikasie
  • Om in Moeilike Tye Te Skryf
  • Die Wispelturige Leserspubliek
  • Na Module Twaalf: In Kanne en Kruike

 



Hoe werk die kursus?

Elke module bestaan uit ‘n volledige stel notas wat per e-pos aan ‘n student gestuur word.
Aan die einde van elke module sal daar van die student verwag word om ‘n sekere aantal woorde aan die studieleier te stuur, waarop kommentaar gelewer sal word.
Sodra die skryfoefening en teksgedeelte aan die studieleier gestuur is, lewer hy/sy kommentaar en daarmee word die module as afgehandel beskou.
Studente mag deurlopend op die kollege se webjoernaal kommentaar lewer/ vrae vra oor die kursusmateriaal of ander skryfaangeleenthede.

Voorwaardes vir die uitreiking van die sertifikaat:

By die voltooiing van die kursus ontvang studente ‘n sertifikaat van die SA Writers' College, mits daar aan die volgende vereistes voldoen word:
  • Studente moet alle skryftake voltooi het.
  • Die kursus binne 12 maande na registrasie voltooi het.
  • Studente die minimum vereiste van 50% vir die kursus behaal het.

Hoeveel tyd gaan die kursus verg?

Dit is moeilik om te voorspel, aangesien sommige mense vinniger as ander skryf. Vir elke 1000 woorde van jou manuskrip, kan jy ongeveer een uur opsy sit vir die skryf daarvan, en net so lank vir die hersiening. Die oefeninge behoort elk nie meer as twee ure te neem om te voltooi nie. Aan die einde van die kursus moet jy jouself egter ook tyd toelaat om jou manuskrip een laaste keer behoorlik deur te lees en alle uitstaande verbeteringe aan te bring. Dit bring jou by ongeveer 90 uur oor die verloop van die 12 modules of gemiddeld 7-8 ure per maand.

You might also be interested in ...

Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus

Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus

Hierdie aanlynkursus fokus op die basiese vaardighede van kreatiewe skryf. Onder leiding van die bekroonde skrywer, Carina Diedericks-Hugo.

R2,795.00
Skryf 'n kinderboek

Skryf 'n kinderboek

Hierdie aanlynskryfkursus help jou om 'n publiseerbare boek te skryf vir kinders tussen die ouderdomme agt en twaalf jaar. Jy ontvang stap-vir-stap ondersteuning, leiding en kundige raad.

R5,495.00
Write your Memoir

Write your Memoir

Start writing your memoir with line by line help from memoirist Lisa Lazarus. Learn the tools used by published memoir writers to get your story completed.

R4,495.00
p_facebook.gif Follow us on Facebook
p_twitter.gif Follow us on Twitter
We are a PayPal vendor We accept MasterCard We accept VISA

About Us

We offer specialised, online writing courses tutored by award-winning writers. Get the writing tools you need, expert insider advice and hours and hours of writing practice. Work one-to-one with a professional writer and realise your writing dreams.

Contact Us

Email: admin@sawriterscollege.co.za

Phone:      +27 21 975 3979
Fax:            086 544 8858