cesarastudillo.jpg
R5,495.00

Skryf 'n kinderboek


As jy nog altyd 'n kinderboek wou skryf, is hierdie kursus net die ding vir jou. Leer die vaardighede en geniet al die ondersteuning wat jy nodig het om 'n boek vir 8-12-jariges te skryf. Boonop kan jy uitvind hoe om jou werk gepubliseer te kry.

Koste: R5495.00
Modules: 10 modules
Duur: Een jaar
Aanvangsdatum: Enige tyd - aansoeke word heeljaar aanvaar
Student lewer: 'n Boek van 10 000-20 000 woorde, 'n boekopsomming en 'n boekvoorlegging

LET WEL: Die kursusmateriaal sal in Engels voorsien word. Alle opdragte, manuskripte en korrespondensie kan egter in Afrikaans gelewer word.

Toegangsvereistes:
  • Basiese skryfvaardighede is uiters noodsaaklik
  • Studente moet Afrikaans goed magtig wees
  • E-pos en Internettoegang is 'n vereiste
  • Geen tersiêre kwalifikasie is nodig nie
  • Toegang tot 'n biblioteek of boekwinkel

Kursusopleier:
Carina_ 
Carina Diedericks-Hugo

Kursusleerplan

Module 1 - Inleiding tot die skryf van kinderboeke

  • Mites oor skryf vir kinders
  • Waaraan jy moet dink as jy 'n suksesvolle kinderboek wil skryf
  • Hoeveel jy kan verdien uit die skryf van kinderboeke
  • Ken jou mark
  • Die skryfproses begin
  • Vertel my van jouself
  • Stel 'n skedule op
  • Bestudeer jou mark
  • 'n Opwarmingsoefening

Module 2 - Leer jou lesers ken

  • Hoe leesvlakke van kinders verander het
  • Die ontwikkelingsfases van kinders
  • Die lengte en taalvlak van boeke vir elke ouderdomsgroep
  • Waar om idees vir stories te kry
  • Lees en analiseer vyf kinderboeke
  • Kom met 'n idee vir 'n storie vorendag, 'n titel, opsomming, ruimte en ten minste twee karakters.

Module 3 - Hoe om 'n storielyn te skep

  • Hersiening van die drie afdelings van 'n storie
  • Twee maniere wat 'n skrywer 'n storie kan benader
  • Wat presies is 'n storielyn?
  • Hoe om die begin, middel en slot van jou verhaal te balanseer
  • Hoe om 'n idée vir 'n storie te ontwikkel tot 'n kinderboek
  • Brei jou storielyn uit deur substorielyne te gebruik indien nodig
  • Verdeel jou opsomming in tien hoofstukke
  • Teken 'n grafiek om aan te dui hoe die spanning in jou opsomming opbou in die tien hoofstukke

Module 4 - Skryftegniek

  • Die verskil tussen formele of sakeskryfwerk en die skryf van stories
  • Die basiese elemente van kreatiewe skryf: Aksie
  • Die basiese elemente van kreatiewe skryf: Beskrywing
  • Die basiese elemente van kreatiewe skryf: Dialoog
  • Twintig kort skryfoefeninge wat afgehandel moet word.

Module 5 - Perspektief

  • Kies die perspektief
  • Bou stemming op
  • Skryf met die regte(r) kant van jou brein
  • Tyd om te begin skryf
  • Hoe om 'n toneel te ontwikkel
  • Gee 'n kort beskrywing van die perspektief wat jy gaan gebruik, die atmosfeer wat jy wil skep, en verduidelik hoekom jy dink dit sal goed werk vir jou storie
  • Voltooi die Regte(r) Brain-oefening. Skryf een of twee reëls per oefening oor jou ondervinding daarvan
  • Skryf 'n 500-woord toneel deur gebruik te maak van 'n "writing prompt"
  • Begin skryf aan hoofstuk een en twee en stuur dit in wanneer jy klaar is. Hierdie taak is slegs vir terugvoer.

Module 6- Karakterisering

  • Maak 'n emosionele konneksie
  • Skep karakters by wie lesers kan aanklank vind
  • Verstaan jou karakter se persoonlikheid
  • Fisiese kenmerke, snaakse gewoontes en ander maniere om 'n persoonlikheid en karakter uit te beeld
  • Die belangrikheid van die agtergrondverhaal
  • Die belangrikheid van die regte naam
  • Skryf agtergrondverhale vir jou hoof- en sekondêre karakters
  • Skryf en stuur hoofstukke drie en vier van jou storie in

Module 7- Dialoog

  • Hoe om dialoog te gebruik om 'n karakter te skep en uit te bou
  • Hoe om jou storie vorentoe te laat beweeg
  • Die gebruik van attribute en bywoorde
  • Die gebruik van taal wat ooreenstem met die lewensuitkyk en -styl van die spreker
  • Neem gesprekke op
  • Skryf dialoog
  • Skryf hoofstukke vyf, ses en sewe van jou boek

Module 8 - Die begin en die einde

  • Leer wat is 'n goeie begin vir 'n boek
  • Kyk na die verskillende maniere om 'n storie te begin
  • Ondersoek 'n praktiese voorbeeld van 'n verbeterde begin
  • Leer hoe om 'n stewige slot vir jou verhaal te skep
  • Kyk na verskillende maniere om 'n storie af te sluit
  • Gaan terug na jou eie eerste hoofstuk en herskryf die begin. Hou in gedagte die vaardighede wat jy nou geleer het en
  • Skryf die finale drie hoofstukke van jou verhaal. Pas die tegnieke oor die skryf van 'n slot toe in jou slothoofstuk

Module 9 - Herskryf en proeflees

  • Kyk eers na die storie as geheel
  • Gaan nou deur jou verhaal hoofstuk-vir-hoofstuk.
  • Gaan deur elke sin, woord-vir-woord
  • Proeflees
  • Toets die boek op lesers
  • Taak: Redigeer jou manuskrip n.a.v. die vyfstapplan

Module 10 - Voorleggings aan 'n Uitgewer

  • 'n titel vir jou storie te kies
  • die regte uitgewer te identifiseer vir jou storie
  • die etiket van voorleggings
  • hoe om 'n dekbrief te skryf
  • berei 'n opsomming van jou storie voor
  • Lees nog 'n laaste maal deur jou manuskrip. Maak enige foute wat steeds opduik, reg.
  • Kies 'n titel vir jou verhaal
  • Skryf 'n kort opsomming
  • Skryf 'n dekbrief aan 'n uitgewer

 



Hoe werk die kursus?

Die kursus bestaan uit tien modules. Gedetailleerde klasnotas wat elke module dek, word per e-pos aan die studente gestuur. Aan die einde van elke module moet die student 'n paar oefeninge voltooi. Sodra die skryfoefeninge afgehandel is en na die tutor gestuur is, sal die student terugvoer ontvang en die module sal as afgehandel beskou word. Die volgende module sal dan na die student gestuur word.

Let wel: Opdragte moet as aanhangsels gestuur word en nie in die e-posboodskap nie.


Voorwaardes vir sertifisering:

Studente sal 'n sertifikaat van die SA Writers' College ontvang ná voltooiing van kursus mits hulle aan die volgende vereistes voldoen:

  • Studente moet alle opdragte voltooi
  • Die kursus moet binne 'n jaar van registrasie voltooi word
  • Studente moet 'n minimum gemiddeld van 50% vir die kursus behaal
Minimum verwagte tydsbesteding:

Die spoed waarmee jy werk, word deur jouself bepaal. Nadat die modules bestudeer is, behoort die oefeninge ongeveer twee ure te neem om te voltooi. 'n Volledige hoofstuk kan langer neem, afhangende van die tempo waarteen jy werk.

Foto: Flickr.com ceserastudillo

You might also be interested in ...

Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus

Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus

Hierdie aanlynkursus fokus op die basiese vaardighede van kreatiewe skryf. Onder leiding van die bekroonde skrywer, Carina Diedericks-Hugo.

R2,795.00
Short Story Writing for Magazines

Short Story Writing for Magazines

This course gives you everything you need to write credible pieces for the Short Story genre, with one-on-one guidance and support from your tutor.

R4,295.00
Skryf 'n roman

Skryf 'n roman

'n Aanlynskryfkursus wat jou help om daardie eerste manuskrip te skryf en die werkinge van die uitgewersbedryf te verstaan.

R5,495.00
p_facebook.gif Follow us on Facebook
p_twitter.gif Follow us on Twitter
We are a PayPal vendor We accept MasterCard We accept VISA

About Us

We offer specialised, online writing courses tutored by award-winning writers. Get the writing tools you need, expert insider advice and hours and hours of writing practice. Work one-to-one with a professional writer and realise your writing dreams.

Contact Us

Email: admin@sawriterscollege.co.za

Phone:      +27 21 975 3979
Fax:            086 544 8858