2017-SA-SSCOMP
SHORTLIST ANNOUNCED | WINNERS ANNOUNCED 31 MAY
Tydskrifjoernalistieke.1.jpg
R5,495.00
Incl VAT

Tydskrifjoernalistieke Kursus


Welkom by die SA Writers College se Tydskrifjoernalistieke Kursus.

Om artikels vir tydskrifte en webtydskrifte te skryf is maklik een van die winsgewendste areas vir skrywers, of dit nou ‘n voltydse loopbaan is of as aanvulling tot jou "nege tot vyf" gedoen word.

Een vollengte artikel in ‘n gerespekteerde en gevestigde tydskrif kan tussen R2500 en R3500 lewer, afhangende van die woordtelling en fooi per woord.

Navorsing en die skryf van artikels vir jou gunsteling glans- en webtydskrifte is nie net opwindend, interessant en uitdagend nie, dit is ook iets wat jy maklik van die huis af kan doen. Boonop bied dit vir dié wat in spesifieke industrieë spesialiseer ook ‘n wonderlike manier om mense in te lig en/of meer van hul produk(te) en dienste te vertel.

Hierdie kursus bied als wat jy benodig om jouself as ‘n professionele skrywer in die plaaslike en oorsese tydskrifbedryf te vestig! Jy sal gedurende die 20 skryfopdragte streng opleiding onder leiding van ‘n professionele joernalis ontvang, en met voltooiing van die kursus met twee persklaar, verkoopbare artikels wegstap.

Die Tydskrifjoernalistieke Kursus neem jou stap-vir-stap deur die prosesse waardeur elke joernalis moet gaan om tydskrifartikels te kan skryf en verkoop.

SAWC-Certified

 

“Dit was 'n wonderlike ervaring! Die terugvoering was spoedig en uiters volledig. Die opleier was te alle tye behulpsaam en aangenaam. Sonder Danielle sou ek nie die kursus so baie geniet het nie. Sy is 'n regte diamant van 'n opleier. 'n Instansie van puik gehalte!"

Leandri Joubert, Tydskrifjoernalistieke kursus.

 

 

 

Kursusbesonderhede:


 

Studente moet die volgende voltooi:


 

Toelatingsvereistes:


 
  • Modules: 11 lesse
  • Duur: Kursus kan volgens eie pas voltooi word: tussen 15 weke en 6 maande
  • Registrasie: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za
  • 9 skryfoefeninge (vir beoordeling en terugvoer)
  • 1 navraagbrief
  • 2 vollengte persklaar artikels
  • Student Feedback
  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik
  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang word benodig
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie is nodig nie
 

Tutor for this course:


 
Annelien-van-Basten
Annelien van Basten is a qualified linguist and writer and has more than 10 years’ experience in the media industry. Throughout her career she has worked on various publications such as Beeld, Finesse, Maksiman, Top Huis, Longevity, Avokado, BELLA, etc. She also has years of online media experience and have written numerous features for platforms such as Homemakers-online, Troukoors, Life, Love & Weddings, voelgoed.co.za, bellamag.co.za and many more. Annelien tutors the Tydskrifjoernalistiek Course and is currently managing her own freelance language services company.

Read more about Annelien here.

 
 

 

 

Course Curriculum


 


Module 1 - Die Genre Van Tydskrifjoernalistiek

  • Onderskei tussen tydskrifjoernalistiek en ander skryfgenres
  • Weet wat jy nodig het om as vryskutjoernalis ‘n begin te maak
  • Leer om sistematies te werk
  • Ken die elemente van tydskrifjoernalistiek
  • Kry antwoorde op die mees algemene vrae oor ‘n loopbaan in tydskrifjoernalistiek
  • Werkstuk 1: Oefen om nie-fiksie te skryf wat "wys" eerder as "vertel" (beoordelings- en terugvoertake)


Module 2 - Teiken Jou Mark

  • Ontleed ‘n tydskrif ten opsigte van inhoud, styl, formaat, invalshoek, teikenmarkte en lesersprofiel
  • Leer hoe om jou skryfwerk teen dié van ‘n geselekteerde tydskrif te meet
  • Onderskei tussen die verskillende tipes artikels wat in tydskrifte gevind word
  • Werkstuk 2: Analiseer die lesersprofiel, styl, invalshoek en formaat van ‘n geselekteerde tydskrif (beoordelings- en terugvoertaak)


Module 3 - Onderwerpe Wat Verkóóp

  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind
  • Leer tegnieke aan om idees te kry
  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek
  • Bestudeer ‘n oorsig van bekende tydskrifte in SA
  • Werkstuk 3: Verfyn invalshoeke; Hoe om ‘n invalshoek vir ‘n artikel te identifiseer (terugvoertaak)


Module 4 - Onthulling Van Die Industrie

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf
  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte
  • Werkstuk 4: Skryf ‘n navraagbrief vir jou geselekteerde tydskrif waarin jy alle aspekte van styl, invalshoek, inhoud en formaat vervat (beoordelings- en terugvoertaak)


Module 5 - Kry Jou Feite Reg

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit
  • Leer onderhoudvoeringstegnieke
  • Kry betroubare inligtingsbronne
  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy
  • Werkstuk 5: Werk die struktuur van jou voorgestelde artikel uit, en maak seker van die logiese vloei van inhoud ((terugvoertaak)
  • Voer onderhoude en doen navorsing


Module 6- Die Onweerstaanbare Aanvangsparagraaf

  • Onderskei die kritiese elemente van ‘n onweerstaanbare inleiding
  • Identifiseer die verskillende tipes inleidings
  • Werkstuk 6: Skryf ‘n onweerstaanbare begin vir jou artikel (beoordelings- en terugvoertaak)


Module 7- Lyftaal Deel I

  • Identifiseer the hoofbestanddele wat ‘n artikel "lyf" gee
  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan
  • Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik
  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed
  • Werkstuk 7: Begin om die hoofgedeelte van jou artikel te skryf (beoordelingstaak)


Module 8 - Lyftaal Deel II

  • Identifiseer die belangrikste grammatikale-, styl- en leestekenreëls
  • Ken die reëls vir die korrekte gebruik van kwotasies en aanhalings
  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik
  • Werkstuk 8: Toets jou kennis van grammatika, styl en leestekens (beoordelings- en terugvoertaak)
  • Werkstuk 9: Timmer die inhoud tot perfeksie (beoordelingstaak)


Module 9 - Eindig In Styl

  • Identifiseer die verskillende slottipes
  • Werkstuk 10: Skryf die slot vir jou artikel (terugvoertaak)


Module 10 - Die Finale Snit

  • Redigeer jou artikel volgens basiese riglyne
  • Verstaan die verskillende tipes dekbriewe en hoe om jou artikel in ‘n professionele wyse aan te bied
  • Betalings
  • Oorwin terugslae en skrywersblok
  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie
  • Werkstuk 11: Redigeer jou artikel en lê dit voor saam met ‘n dekbrief (beoordelings- en terugvoertaak)


Module 11 - Skryf vir webtydskrifte

  • Hoe artikels vir die web van tydskrifartikels verskil
  • Die gebruik van sleutelwoorde, opskrifte en hiperskakels
  • Hoe om ‘n artikel vir ‘n webtydskrif te skryf
  • Skryfoefening: Skryf ‘n 600-woord artikel vir ‘n spesifieke aanlynplatform (vir assessering en terugvoer)
NB: Let asb. op dat die kursusnotas vir Module 11 slegs in Engels beskikbaar is.


 

“Dankie vir die goeie kursus. Ek het dit geniet en baie geleer. Die kursus het my verwagtinge oortref.”

Suzan Venter, Tydskrifjoernalistieke Kursus

 
 
 

 

Hoe Werk die Kursus?


Breedvoerige aantekeninge oor die inhoud van elke module word per e-pos aan studente gestuur, of studente kan die modules direk van die Studentesentrum se aanlynafdeling aflaai.

Aan die einde van elke module word daar van studente vereis om een of twee skryfoefeninge te doen. Die kursus behels nege skryfoefeninge wat almal deel uitmaak van die studente se finale punte-uitslag. Studente moet ook een navraagbrief (300 - 600 woorde), een vollengte glansartikel (800 - 2200 woorde) en een 600-woord artikel vir 'n webtydskrif inhandig.

Wanneer die skryfoefening voltooi en aan die opleier gestuur is vir beoordeling en terugvoering, sal die module as afgehandel beskou word.

Studente kan ook aanlyn aan gesprekke deelneem deur kommentaar rakende die materiaal wat in die kursus behandel word te verstrek asook met ander studente in die Gespreksforum te kommunikeer.


 

Voorwaardes van Sertifisering:

 
Studente sal ‘n SA Writers College Sertifikaat ontvang wanneer hulle die kursus suksesvol voltooi het, mits hulle aan die volgende vereistes voldoen:
 
  • Studente moet al 11 werkstukke voltooi
  • Die kursus moet binne ses maande vanaf registrasie voltooi word
  • Studente moet ‘n minimum gemiddeld van 50% vir die kursus behaal
 

Minimum Geraamde Tydsbesteding:

 
  • Leestyd: 18 ure
  • Skryftyd: tot sowat 35 ure
  • Navorsingstyd: 2 - 6 ure, afhangende van die ingewikkeldheid van die artikelonderwerp
 


Need more advice about the best course for you?

We would love to chat to you if you have any questions about our writing courses.

If you need some advice about the best course or writing field for you, drop us a line or give Koos or Nichola a call at 021 813 9224. We can tell you about going rates in the field, chance of publishing success and general writing career options both in South Africa and internationally.

 
 
 
Enrol for the course here
 

 
 

Terugvoer van oud-studente
 


“To me, being a novice, I found the course very informative, clear and simply to the point. It provided a strong framework to enter the field of journalism with confidence. I found both my tutor’s approach, feedback, guidance and support to be of a very high standard. What a pleasure it was to be shaped by these professionals! The Writers College offers very practical courses and endeavours to equip students with all the necessary skills required in the field.” Pieter du Toit, Tydskrifjoernalistiek

"Annelien is an outstanding tutor and mentor. She is very professional and knowledgeable and is an asset to any student. I would not have been able to complete this course with a distinction without her guidance, advise and support. I found the course exciting and challenging. It gave me insight into the industry and guided me step by step to becoming a better writer. It was a very enjoyable rewarding journey. What an inspirational, professional School. It is world class.” Yolanda van Deventer, Tydskrifjoernalistieke kursus

“I enjoyed it and I truly have learnt a lot. I appreciate every bit of effort that my mentor made to ensure my success with the course. This course was worth taking. I learnt a lot and am now looking forward to further develop my newfound skills.” Gina van Staden, Tydskrifjoernalistiekekursus

"Dit was 'n wonderlike ervaring! Die terugvoering was spoedig en uiters volledig. Die opleier was te alle tye behulpsaam en aangenaam. Sonder Danielle sou ek nie die kursus so baie geniet het nie. Sy is 'n regte diamant van 'n opleier. 'n Instansie van puik gehalte!" Leandri Joubert, Tydskrifjoernalistieke kursus

“The course was very informative, a lot more than I expected. It definitely was a very influential learning curve for me as I began the course with no previous exposure to the writing environment.” Marchand Rossouw, Tydskrifjoernalistieke kursus

"Ek het die kursus baie leersaam gevind.  Die inhoud was uitdagend en baie interessant.  Danielle was van groot hulp en ek het baie by haar geleer.  Ek sien uit daarna om my eerste artikel te publiseer." Amelia Steyn, Tydskrifjoernalistieke Kursus
 
“You have an excellent school which can offer great prospects to hard workers. My life feels more enriched with this course under my belt – at last I can earn some money through my interest in so many things.” Carin Pienaar, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
"An excellent foundation for any potential writer. Only the hard knocks of reality will develop skill.” Lydia Borg-Jorgensen, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“Thanks for all you and your college have done to make this course possible for me. I have learned a lot and gained a new insight in writing for magazines.” Jeanene Koekemoer, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
Dankie vir die goeie kursus. Ek het dit geniet en baie geleer. Die kursus het my verwagtinge oortref.” Suzan Venter, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“Baie dankie vir 'n lekker kursus! Ek het die kursus vreeslik geniet. Die inhoud was hoogs interessant en die opdragte was ’n uitdaging.” Yolandi Roets, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“The course was more than I expected. You’re doing a great job.” Naomi Myburgh, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“Thanks for a great course. I really learned a lot.” Peet Steyn, Tydskrifjoernalistieke Kursus.


 


More Testimonials Here




 

 

 

You might also be interested in ...

Travel Writing

Travel Writing

Learn how to write travel articles for international magazines, under the tutelage of multi-award winning travel writers.

R5,495.00
Incl VAT
Follow us on Facebook Join us on Twitter Follow us on Google+
 
     

Click here to pay with PayPal

Click here to pay with VISA smallmc
       

About Us


We offer specialised, online writing courses tutored by award-winning writers in South Africa. Get the writing tools you need, expert insider advice and hours and hours of writing practice.
 

Locations

Study from anywhere in South Africa: Cape Town, Western Cape; Johannesburg and Pretoria, Gauteng; Durban and Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal; Port Elizabeth, Eastern Cape; Bloemfontein, Free State; Nelspruit, Mpumalanga; Kimberley, Northern Cape and Polokwane, Limpopo.

Contact Us

Nichola Meyer or Koos Turenhout
Email: admin@sawriterscollege.co.za

 

9-5 Monday to Friday

Work for Us

Vacancies at SAWC
 

 
login3