Tydskrifjoernalistieke.jpg
R4,295.00

Tydskrifjoernalistieke Kursus


Die Tydskrifjoernalistieke Kursus neem jou stap-vir-stap deur die prosesse waardeur elke joernalis moet gaan om tydskrifartikels te kan skryf en verkoop.

Kursusbesonderhede:Terugvoer-van-Oudstudente
Modules: 10 lesse
Duur: Kursus kan volgens eie pas voltooi word: tussen 15 weke en 5 maande
Registrasie: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za

Studente moet die volgende voltooi:
  • 9 skryfoefeninge (vir beoordeling en terugvoer)
  • 1 navraagbrief
  • 1 vollengte persklaar artikel

Toelatingsvereistes:
  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik
  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang word benodig
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie is nodig nie

Kursusopleier :

Danielle_Barfoot  Danielle Barfoot

Kursusleerplan


Module 1 - Die Genre Van Tydskrifjoernalistiek

  • Onderskei tussen tydskrifjoernalistiek en ander skryfgenres
  • Weet wat jy nodig het om as vryskutjoernalis ‘n begin te maak
  • Leer om sistematies te werk
  • Ken die elemente van tydskrifjoernalistiek
  • Kry antwoorde op die mees algemene vrae oor ‘n loopbaan in tydskrifjoernalistiek
  • Werkstuk 1: Oefen om nie-fiksie te skryf wat "wys" eerder as "vertel" (beoordelings- en terugvoertake)

Module 2 - Teiken Jou Mark

  • Ontleed ‘n tydskrif ten opsigte van inhoud, styl, formaat, invalshoek, teikenmarkte en lesersprofiel
  • Leer hoe om jou skryfwerk teen dié van ‘n geselekteerde tydskrif te meet
  • Onderskei tussen die verskillende tipes artikels wat in tydskrifte gevind word
  • Werkstuk 2: Analiseer die lesersprofiel, styl, invalshoek en formaat van ‘n geselekteerde tydskrif (beoordelings- en terugvoertaak)

Module 3 - Onderwerpe Wat Verkóóp

  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind
  • Leer tegnieke aan om idees te kry
  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek
  • Bestudeer ‘n oorsig van bekende tydskrifte in SA
  • Werkstuk 3: Verfyn invalshoeke; Hoe om ‘n invalshoek vir ‘n artikel te identifiseer (terugvoertaak)

Module 4 - Onthulling Van Die Industrie

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf
  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte
  • Werkstuk 4: Skryf ‘n navraagbrief vir jou geselekteerde tydskrif waarin jy alle aspekte van styl, invalshoek, inhoud en formaat vervat (beoordelings- en terugvoertaak)

Module 5 - Kry Jou Feite Reg

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit
  • Leer onderhoudvoeringstegnieke
  • Kry betroubare inligtingsbronne
  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy
  • Werkstuk 5: Werk die struktuur van jou voorgestelde artikel uit, en maak seker van die logiese vloei van inhoud ((terugvoertaak)
  • Voer onderhoude en doen navorsing

Module 6- Die Onweerstaanbare Aanvangsparagraaf

  • Onderskei die kritiese elemente van ‘n onweerstaanbare inleiding
  • Identifiseer die verskillende tipes inleidings
  • Werkstuk 6: Skryf ‘n onweerstaanbare begin vir jou artikel (beoordelings- en terugvoertaak)

Module 7- Lyftaal Deel I

  • Identifiseer the hoofbestanddele wat ‘n artikel "lyf" gee
  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan
  • Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik
  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed
  • Werkstuk 7: Begin om die hoofgedeelte van jou artikel te skryf (beoordelingstaak)

Module 8 - Lyftaal Deel II

  • Identifiseer die belangrikste grammatikale-, styl- en leestekenreëls
  • Ken die reëls vir die korrekte gebruik van kwotasies en aanhalings
  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik
  • Werkstuk 8: Toets jou kennis van grammatika, styl en leestekens (beoordelings- en terugvoertaak)
  • Werkstuk 9: Timmer die inhoud tot perfeksie (beoordelingstaak)

Module 9 - Eindig In Styl

  • Identifiseer die verskillende slottipes
  • Werkstuk 10: Skryf die slot vir jou artikel (terugvoertaak)

Module 10 - Die Finale Snit

  • Redigeer jou artikel volgens basiese riglyne
  • Verstaan die verskillende tipes dekbriewe en hoe om jou artikel in ‘n professionele wyse aan te bied
  • Betalings
  • Oorwin terugslae en skrywersblok
  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie
  • Werkstuk 11: Redigeer jou artikel en lê dit voor saam met ‘n dekbrief (beoordelings- en terugvoertaak)
 
Hoe Werk die Kursus?

Breedvoerige aantekeninge oor die inhoud van elke module word per e-pos aan studente gestuur, of studente kan die modules direk van die Studentesentrum se aanlynafdeling aflaai.

Aan die einde van elke module word daar van studente vereis om een of twee skryfoefeninge te doen, en in die geval van koerantjoernalistiek, ook ‘n foto te neem indien fotojoernalistiek ‘n belangstelling is. Die kursus behels nege skryfoefeninge wat almal deel uitmaak van die studente se finale punte-uitslag. Studente moet ook een navraagbrief (300 - 600 woorde) en een vollengte glansartikel (800 - 2200 woorde) inhandig.

Wanneer die skryfoefening voltooi en aan die opleier gestuur is vir beoordeling en terugvoering, sal die module as afgehandel beskou word.

Studente kan ook aanlyn aan gesprekke deelneem deur kommentaar rakende die materiaal wat in die kursus behandel word te verstrek asook met ander studente in die Gespreksforum te kommunikeer.

Voorwaardes van Sertifisering:

Studente sal ‘n SA Writers College Sertifikaat ontvang wanneer hulle die kursus suksesvol voltooi het, mits hulle aan die volgende vereistes voldoen:

  • Studente moet al 11 werkstukke voltooi
  • Die kursus moet binne vyf maande vanaf registrasie voltooi word
  • Studente moet ‘n minimum gemiddeld van 50% vir die kursus behaal


Minimum Geraamde Tydsbesteding:

  • Leestyd: 15 ure
  • Skryftyd: tot sowat 30 ure
  • Navorsingstyd: 2 - 6 ure, afhangende van die ingewikkeldheid van die artikelonderwerp


apply here

Terugvoer van oud-studente
 

"Ek het die kursus baie leersaam gevind.  Die inhoud was uitdagend en baie interessant.  Danielle was van groot hulp en ek het baie by haar geleer.  Ek sien uit daarna om my eerste artikel te publiseer." Amelia Steyn, Tydskrifjoernalistieke Kursus
 
“You have an excellent school which can offer great prospects to hard workers. My life feels more enriched with this course under my belt – at last I can earn some money through my interest in so many things.” Carin Pienaar, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
"An excellent foundation for any potential writer. Only the hard knocks of reality will develop skill.” Lydia Borg-Jorgensen, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“Thanks for all you and your college have done to make this course possible for me. I have learned a lot and gained a new insight in writing for magazines.” Jeanene Koekemoer, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
Dankie vir die goeie kursus. Ek het dit geniet en baie geleer. Die kursus het my verwagtinge oortref.” Suzan Venter, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“Baie dankie vir 'n lekker kursus! Ek het die kursus vreeslik geniet. Die inhoud was hoogs interessant en die opdragte was ’n uitdaging.” Yolandi Roets, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“The course was more than I expected. You’re doing a great job.” Naomi Myburgh, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
 
“Thanks for a great course. I really learned a lot.” Peet Steyn, Tydskrifjoernalistieke Kursus.

 

 

You might also be interested in ...

Travel Writing

Travel Writing

Learn how to write travel articles for leading International publications, under the tutelage of multi-award winning travel writers.

R4,295.00
Broadcast Journalism

Broadcast Journalism

Break into the exciting world of writing and reporting for radio and TV. This course teaches you the insider know-how to work as a broadcast journalist, under the expert tutelage of multi-Emmy-award winning journalist, Noel Cisneros.

R4,295.00
p_facebook.gif Follow us on Facebook
p_twitter.gif Follow us on Twitter
We are a PayPal vendor We accept MasterCard We accept VISA

About Us

We offer specialised, online writing courses tutored by award-winning writers. Get the writing tools you need, expert insider advice and hours and hours of writing practice. Work one-to-one with a professional writer and realise your writing dreams.

Contact Us

Email: admin@sawriterscollege.co.za

Phone:      +27 21 975 3979
Fax:            086 544 8858