SA Writers College Studieleier | Marita van der Vyver

 

Maritavandervyver400

Marita van der Vyver is gebore in Kaapstad en het 'n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen die ouderdom van 20 en 30 publiseer sy drie jeugromans voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf 'n sprokie, in 1992 'n blitsverkoper en 'n literêre sensasie word. Die boek is bekroon met drie van die mees gesogte literêre pryse in Suid-Afrika: die M-Net, die ATKV en die Eugène Marais. Sedertdien het sy 'n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword, met 'n tiental romans, 'n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen, asook 'n internasionale studiebeurs van die SA Stigting vir Skeppende Kunste, en in 1997 is sy genooi om deel te neem aan die bekende International Writers Program van die Universiteit van Iowa in die VSA.

Haar roman, Vergenoeg, was selfs nog voor sy publikasie in 2003 deur Nederlandse- en Duitse uitgewers gekoop, en was ook in 2007 na Engels (as There Is A Season) deur Double Storey gepubliseer. Sy het ՚n bundel humoristiese essays, Die hart van ons Huis, in 2004 gepubliseer wat handhaaf oor die lewe in die Franse platteland, wat ook in 2006 in Engels deur Double Storey gepubliseer is (as Where The Heart Is). In 2006 het haar eerste volume kortstories, Bestemmings, die lig gesien en is dit saam met die Engelse weergawe, Short Circuits, deur M-Net aangewys as hul Kortfiksie pryswenner. Daardie selfde jaar het sy ook die MER-prys vir kinderboeke verower vir die boek, Mia se Ma, wat deur Piet Grobler geïllustreer is, en is die boek ook na Sweeds en Deens vertaal.

Stiltetyd en sy Engelse vertaling, Time Out, was ook in 2006 deur Tafelberg gepubliseer, waarna dit die opeenvolgende jaar ՚n ATKV-prys verower het. In 2008 het sy nog ՚n bundel meesal humoristiese essays, Franse briewe – Pos uit Provence, gepubliseer. Sy het ՚n trefferjaar in 2010 gehad waar sy drie Afrikaanse boeke en twee Engelse vertalings gepubliseer het - die roman, Dis koue kos, skat, wat maande lank op die top drie Suid-Afrikaanse fiksie topverkoperlys gepronk het; ՚n aanloklike kookboek, Somerkos in Provence, saam met haar Franse man vol kookvernuf, Alain Claisse; en ՚n bundel van haar gunsteling feëverhale deur die Brothers Grimm, Die mooiste sprokies van Grimm, weereens deur Piet Grobler geïllustreer.

Gedurende dieselfde jaar is haar jeugroman, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, met dieselfde titel verfilm en het die film gehore en kenners behoorlik bekoor, terwyl ՚n vroeër roman, Vergenoeg, terselfdetyd vir die verhoog aangepas en suksesvol by al die groot kunstefeeste opgevoer is. ՚n Jaar later is Dis koue kos, skat deur die welbekende sangeres en aktrise, Elsabé Zietsman, in ՚n landswye eenvrouvertoning-toer omskep en het die sukses van die kookboek in ՚n onverwagse projek ontstaan – die televisie kook- en reisreeks, Marita Kook, wat in die Suide van Frankryk verfilm is met Marita as aanbieder, waar daar met elke nuwe episode ՚n ander sjef hul verskyning as gas maak. Maar romans lê Marita steeds die naaste aan die hart, en in 2012 het sy Die blou van onthou gepubliseer, waarvoor sy ՚n Huisgenoot Tempo-toekenning ontvang het vir Afrikaanse boek van die jaar, asook op die kortlys van die M-Net toekennings verskyn het.

Vanaf 2013 tot 2015 het sy nog twee niefiksies gepubliseer oor die lewe in Provence - ՚n Fontein voor ons deur en Winterkos in Provence, sowel as ՚n bekroonde kinderboek, Die coolste ouma op aarde en ՚n roman vir jong volwassenes, Swemlesse vir ՚n meermin, wat die Scheepers-prys vir Jeuglektuur verower het. Sy het ook ՚n prys vir die radio drama, Genade, ingepalm en was mede-draaiboekskrywer toe haar roman, Dis koue kos skat, verfilm is.

In 2016 het sy nog ՚n jeugroman, Al wat ek weet, gepubliseer wat die kykNET-Rapport Boekprys wenner in die film kategorie was en het die roman ook op die kortlys vir SALA (die Suid-Afrikaanse letterkunde toekennings) verskyn. Haar eerste volwasse roman in vyf jaar, Misverstand, was in 2017 gelyktydig in Engels (as You lost me) en Afrikaans deur Penguin gepubliseer en het onmiddelik ՚n trofeë vir topverkoper in alle genres by die Stellenbosch Woordfees verower. Haar tweede radio drama, Genade, is bekroon as die beste radio drama in ՚n drie-jaar periode en is met ՚n eremedalje deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer.

 

2018

Gepubliseerde essay oor die #MeToo-beweging in Rapport wen ՚n ATKV Veertjie vir die beste essay, rubriek of opiniestuk in Afrikaanse media vir die afgelope jaar.

2018

Al wat ek weet is op die kortlys vir ՚n Suid-Afrikaanse letterkunde toekenning (SALA) in die nuwe kategorie vir kinder/jeugboeke in al elf amptelike tale.

2017

Al wat ek weet wen die kykNET-Rapport Boekprys (Film Kategorie).

2017

Misverstand wen ՚n trofeë as die topverkoper onder romans en ook as algehele topverkoper by die Stellenbosch Woordfees.

2017

Genade is met ՚n eremedalje deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer vir die beste radio drama in ՚n drie-jaar periode.

2016

Swemlesse vir 'n meermin wen die gesogte Scheepers-prys vir Jeuglektuur. Dit is ook een van drie boeke wat op die kortlys vir die MER-prys vir Jeugboeke verskyn het.

2015

Olinosters op die dak/ Rhinocephants on the Roof, met illustrasies deur Dale Blankenaar, is deur IBBY (International Board on Books for Young People) as ՚n ereboek gekies.

2015

Genade palm ՚n prys in by RSG se jaarlikse kompetisie vir beste nuwe radio drama.

2015

Wen ATKV Veertjie vir die beste kinderboek vir Die coolste ouma op aarde.

2015

Al wat ek weet is een van die pryswenners van Lapa Uitgewers se kompetisie vir nuwe jong volwassene romans.

2014

Marita se eerste radio opvoering, Bagasie, geredigeer deur Margot Luyt, wen ՚n ATKV Veertjie as beste radio opvoering van die jaar.

2013

Huisgenoot se eerste Tempo-toekenning vir Afrikaanse Boek van die jaar vir Die blou van onthou.

2013

Uitgenooi as spreker by die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam, Leiden Universiteit in Holland en Poznan Universiteit in Pole. Het ook deel geneem aan die Afrikaanse Kunstefees in Den Haag, die eerste Afrikaanse Kinderboekfees in Kwazulu-Natal en as literêre beoordelaar by die Stellenbosch Woordfees.

2012

Uitgenooi na drie literêre feeste: die Noord-Kaapse Skrywersfees in Kimberley, die Franschhoek letterkundefees en die Stellenbosch Woordfees.

2012

Gekies as beskermheer deur die Borg ՚n Woord-projek van die Suid-Afrikaanse WAT (Woordeboek vir die Afrikaanse Taal).

2011

Summer Food in Provence wen ՚n Wêreld Kookboek-toekenning vir beste Suid-Afrikaanse kookboek in die Franse kookkuns kategorie en word ingesluit by die gesogte Edouard Cointreau-kookbundel, Cookbook Collection: France.

2011

Deelname aan die eerste Afrikaanse Kunstefees in Amsterdam, Nederland.

2010

Uitgenooi na die tweede Noord-Kaapse Skrywersfees in Kimberley.

2007

ATKV-toekenning vir die prosa, Stiltetyd.

2006

Deelname aan die negende Internasionale Tyd van die Skrywer kunstefees in Durban.

2006

M-Net-toekenning vir die kortfiksie, Bestemmings.
MER-prys vir Mia se ma, geïllustreer deur Piet Grobler.

2004

Rapport/City Press Prestige-toekenning as een van Suid-Afrika se mees inspirerende vroulike presteerders.

2004

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom is deur IBBY as Afrikaanse Ereboek gekies.

2003

Uitgenooi na die Antwerpe Boekefees in België saam met vier ander Afrikaanse jeugfiksieskrywers (George Weidemann, Martie Preller, Leon de Villiers en Jaco Jacobs), deelname aan paneelbesprekings en werkswinkels met Vlaamse- en Nederlandse skrywers.

2002

Uitgenooi na die Simposium van Suid-Afrikaanse letterkunde en migrasie by die Universiteit van Wene, Oostenryk.

2002

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom wen die Sanlam-prys vir Jeugfiksie.

1999

Deur die Engelse tydskrif, Femina, aangewys as een van honderd uitstekende Suid-Afrikaanse vroue van die eeu.

1997

Uitgenooi saam met vyf prominente Afrikaanse skrywers (Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden, Wilma Stockenstrom, EKM Dido en Peter Snyders) na die Nederlandse Taal Unie vir deelname aan ՚n tweeweek-lange leestoer deur Holland en België.

1997

Uitgenooi na Toronto, Kanada, om as deel van die Harbourfront-leesreeks uit haar eie boek uit voor te lees.

1997

Internasionale Beurs by die Stigting vir Kreatiewe Kunste en uitgenooi om deel te neem aan die Internasionale Skryfprogram by die Universiteit van Iowa, VSA.

1997

Tienie Holloway-medalje vir kinderboek, Olinosters op die dak, geïllustreer deur Piet Grobler.

1994

Deur die Engelse tydskrif, Fair Lady, aangewys as een van vyftig uitstekende Suid-Afrikaners.

1993

Deur die Afrikaanse tydskrif, De Kat, aangewys as een van vyftig mees invloedryke Suid-Afrikaners.

1993

Drie toekennings vir Griet skryf 'n sprokie: ATKV-prys, M-Net Boekprys en Eugène Marais-prys.

1992

ATKV-prys vir Jeuglektuur, Eenkantkind.

1982

Beginnersprys in Tafelberg en Sarie kompetisie, Van jou Jas.

1979

Digkuns beurs toegeken vir nog ՚n jaar.

1975

Drie jaar lange beurs by enige Suid-Afrikaanse universiteit toegeken as wenprys in ՚n nasionale digkompetisie vir hoërskoolleerlinge.

 


 






   

Follow us on Facebook Join us on Twitter
 
 

 

Click here to pay with PayPal

 
 
Pay via Mastercard
Click here to pay with VISA

 
 

About Us

We offer specialised, online writing courses tutored by award-winning writers in South Africa. Get the writing tools you need, expert insider advice and hours and hours of writing practice.
 

Locations

Study from anywhere in South Africa: Cape Town, Western Cape; Johannesburg and Pretoria, Gauteng; Durban and Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal; Port Elizabeth, Eastern Cape; Bloemfontein, Free State; Nelspruit, Mpumalanga; Kimberley, Northern Cape and Polokwane, Limpopo.
 

Contact Us

Nichola Meyer or Koos Turenhout
Email: [email protected]

You can also leave a voice message on 021 813 9224 and we will phone you back within one working day.

9am to 5pm Monday to Friday

Work for Us

Vacancies at SAWC
 

Writing Services


 
login3