Maak die Beste van Skryfwerk-Verwerping

Person feeling rejected as a writer

DEUR KAREN TRUTER

Die gevoel van “verwerping” word vinnig aangetrek wanneer ons nie gekry het wat ons graag wou gehad nie. Dit is ’n onaangename gevoel wat spruit uit die idee dat iemand nie met jou saamstem nie. Nie-positiewe terugvoer op ’n skryfstuk of ‘n afkeur-brief van ’n redakteur kan enige skrywer dompel in hierdie negatiewe donker gat.

Dit is amper soos om deur ’n kêrel of meisie afgesê te word. Gewoonlik ongevraagd en verseker nooit lekker nie!  

Niemand gaan in ’n nuwe verhouding in met die hoop dat dit gaan misluk nie. Net so het niemand ook die doelwit om “dankie, maar nee-dankie” briewe van redakteurs te ontvang nie.

Die Verklarende Woordeboek verduidelik “verwerp” as afkeur of afstem. In kort is dit dus ’n aksie wat ’n persoon uitvoer wanneer hy/sy nie saam stem met iets wat iemand anders gedoen, gesê of geskryf het nie.  Afrikaans.com verduidelik mooi dat “niemand jou verwerp kan laat voel nie”. Maar, dat dit eerder ’n emosie is wat jy self kies om aan te neem. Wanneer dit by skryfwerk kom is dit óók iets om in gedagte te hou. Negatiewe kommentaar is nie noodwendig ’n aanval op jou skryf vermoë nie, maar eerder terugvoer vanuit ’n ander persoon se perspektief. Dit is dan uit-en-uit jou keuse wat jy met die kommentaar doen.

Kan ons hierdie gevoel van verwerping draai om dit eerder vanuit ’n positiewe perspektief sien?

Ja, verseker!

Gaan sit iewers in die stilte en ’n spandeer paar minute om Emily Temple se “20 Famous Writers on Being Rejected” te lees. Jy sal dan sien dat selfs die beste skrywers al iewers in hul loopbaan “hierdie skryfwerk is nie goed genoeg nie” as ’n antwoord gekry het.

Hier is drie punte om enige skrywer te herinner dat negatiewe kommentaar nie die einde van die wêreld (of hul loopbaan) is nie.

Sien verwerping as ‘n integrale deel van groei tydens die skryf proses.

Terugvoer gee jou die geleentheid om die skryfwerk te verbeter. In ’n web-artikel waarin Ginny Swart ander skrywers raad gee, lys sy Take the feedback as een van die punte. Die redakteur verstaan heel moontlik die gehoor van sy/haar tydskrif beter en kan dus voorkom dat iets onder jou naam geplaas word wat nie inpas nie. Niks is ooit perfek nie en ’n kritiese oog kan bydra tot ’n verbetering aan die stuk uit jou pen.

Erken dat almal nie altyd hoef saam te stem met jou skryfwerk nie.

Soos met alles in die lewe, gaan opinies altyd verkil. Persoonlik dink ek dat ons dankbaar moet wees daarvoor, anders sou die wêreld baie vaal en eenvoudig gewees het. Daar is ’n groot kans dat ’n redakteur ’n artikel oor “perfekte romantiese afsprake” gaan kritiseer indien hy/sy pas uit ’n mislukte verhouding gestap het. Persoonlike perspektief! ’n Tweede opinie op presies dieselfde artikel mag moontlik teenoorgestelde terugvoer ontvang.

Moet nie moed verloor nie of ophou skryf nie.

Daar is ’n welbekende gesegde wat sê, “aanhouer wen”. Moet nie opgee net omdat jy afgesê is deur een redakteur nie. Daar is honderde stories wat geskryf moet word en duisende oë wat dit moet lees! Dus sal daar sal altyd nog geleenthede wees – die wêreld lê letterlik oop voor jou. Gryp die volgende geleentheid aan asof jy nog nooit voorheen teleurstelling beleef het nie.

Só, moet asseblief nie terugflitse van jou laaste break-up kry wanneer daar ’n e-pos opduik wat nie nét bestaan uit gevleuelde woorde nie. Neem die drie punte in ag en onthou ook dat jy beslis nie alleen is nie. Menigte ander skrywers het al dieselfde oomblikke beleef en oorleef.

Skud die stof van jou voete af en gebruik die kommentaar om alle toekomstige werk uit jou pen daardeur te verbeter.

Alhoewel Karen Truter voltyds werk as landboukundige, en gereeld vir landbou platforms skryf, het sy ’n passie vir skryf, mense en verhoudings. Gepubliseerde artikels kan gesien word op Farming Portal en Netwerk24. Die mees onlangste stukke sluit onder andere in, Welcome to the boys’ club en Who are you raising to replace you?

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn
On Key

Related Posts

Our Refund Policy

If within seven days of starting your course you are not happy on your course, we can either transfer you to a different course or provide a full refund.

If you request a refund after seven days and before 30 days we will charge a 5% administrative fee, as well as any bank fees and tutor fees already incurred.

We do not offer a refund after 30 days on the course.