Skryf ՚n roman kursus

R 9 495.00

Die skryf ՚n roman kursus

Die skryf ՚n roman kursus

Gee Jou Drome Vlerke
en Skryf ՚n Roman

Ontvang stap-vir-stap leiding en mentorskap vanaf een van ons bekroonde en bekende studieleiers en kry jou skryfvernuf in ՚n japtrap onder die knie.

Het jy al ooit daarvan gedroom om ՚n boek te skryf? Deur die Skryf ՚n roman kursus te voltooi, kan daardie droom bewaarheid word.

Ons omvattende Skryf ՚n roman kursus bied nie net al die inligting wat jy benodig om ՚n roman te skryf nie, maar voorsien ook van kundige leiding en ondersteuning, sodat jy ՚n soliede fondament het waarop jy jou manuskript kan voort bou.

Aan die einde van hierdie kursus sal jy ՚n voorlegging hê wat jy met trots aan ՚n Suid-Afrikaanse uitgewer kan aanbied.

Kursus Oorsig

Individuele Terugvoer

Ontvang vinnige, eerlike en volledige terugvoer van ՚n bekroonde skrywer wat verstaan hoe om aan ՚n persoon se unieke skryfstyl te skaaf om die beste resultate te verkry.

Geen Groep Resensies Nie!

Jy sal slegs deur jou studieleier geassesseer word (wat ՚n kenner in haar veld is). Jy sal nie meer hoef te wonder hoe om te skryf nie - jy sal stap-vir-stap gelei word.

Geen Outomatiese Assessering Nie

Ons gebruik tradisionele metodes om take te assesseer – presies nes die redigeerders by ՚n uitgewersmaatskappy sou doen.

Werk Teen Jou Eie Pas

Werk waar en wanneer jy wil. Ons bekwame administrasiespan en jou studieleier is regdeur die werksweek beskikbaar om al jou vrae te beantwoord.

Relevante, Bruikbare Inhoud

Maklik begrypbare kursusnotas wat ՚n leeftyd se skryfkennis bevat, gereed vir jou om dit op jou eie werk toe te pas.

Deurlopende Assessering

Jy word na elke module geassesseer.

Begin Vandag Nog Jou Roman Skryf

Oorkom twyfel, uitstel en skrywersblok deur middel van ՚n gestruktureerde kursus.

Met behulp van jou ervare studieleier sal jy al jou oorspronklike en kreatiewe idees in ՚n manuskrip kan omskep.

In die eerste paar modules sal ons op die boublokke van goeie skryfkuns fokus. Daarna sal ons oorskuif na intense skryfwerk, in-diepte mentorskap en kritieklewering. Na elke module sal jou studieleier terugvoer gee oor jou vordering.

Elke module fokus op verskeie elemente van goeie skryfvernuf soos realistiese dialoog, merkwaardige karakterisering, intrige en volhoubare spanning. Jy sal voortdurend bou op die basiese beginsels van die skryfkuns soos jou roman vorm aanneem.

Aan die einde van module 12 sal jy baie selfvertroue ingepalm het in jou vermoë om jouself deur middel van woorde uit te druk, asook ՚n manuskrip van ten minste 20,000 woorde gelewer het.

Die skryf ՚n roman kursus is vir jou ontwerp om ՚n voorlopige teks van 20,000 tot 25,000 woorde te skep. Hierdie stap is reeds ՚n groot oorwinning vir skrywers wat nie eers kon dink dat dit moontlik sou wees om verby bladsy een te kom nie. Met die wegspringblokke in plek kan jy dan kies of jy die Gevorderde skryf ՚n roman kursus wil neem, wat daarna mik om jou manuskrip tot 70,000 woorde te verleng.

SA Writers College Certified Course

Begin Vandag Nog Jou Roman Skryf

Oorkom twyfel, uitstel en skrywersblok deur middel van ՚n gestruktureerde kursus

Met behulp van jou ervare studieleier sal jy al jou oorspronklike en kreatiewe idees in ՚n manuskrip kan omskep.

In die eerste paar modules sal ons op die boublokke van goeie skryfkuns fokus. Daarna sal ons oorskuif na intense skryfwerk, in-diepte mentorskap en kritieklewering. Na elke module sal jou studieleier terugvoer gee oor jou vordering.

Elke module fokus op verskeie elemente van goeie skryfvernuf soos realistiese dialoog, merkwaardige karakterisering, intrige en volhoubare spanning. Jy sal voortdurend bou op die basiese beginsels van die skryfkuns soos jou roman vorm aanneem.

Aan die einde van module 12 sal jy baie selfvertroue ingepalm het in jou vermoë om jouself deur middel van woorde uit te druk, asook ՚n manuskrip van ten minste 20,000 woorde gelewer het.

Die skryf ՚n roman kursus is vir jou ontwerp om ՚n voorlopige teks van 20,000 tot 25,000 woorde te skep. Hierdie stap is reeds ՚n groot oorwinning vir skrywers wat nie eers kon dink dat dit moontlik sou wees om verby bladsy een te kom nie. Met die wegspringblokke in plek kan jy dan kies of jy die Gevorderde skryf ՚n roman kursus wil neem, wat daarna mik om jou manuskrip tot 70,000 woorde te verleng.

SA Writers College Certified Course

'I took the course to try my hand at writing and now I am totally hooked. It was worth every cent. Wilna was an excellent tutor and mentor. She provided invaluable knowledge of writing skills. Her feedback was the best learning experience ever. It is an excellent course for any novice writer.'

Stefanie Swiegers, Skryf 'n roman, Cape Town

Kursus Oorsig

TOTALE KOSTE

R 9 495.00

Prys sluit BTW in.

AANTAL SKRYFOEFENINGE

12

Alle take verskil in lengte.

AANTAL MODULES

12

Modules dek rofweg 200 kursusbladsye.

TYDSDUUR VAN KURSUS

24

Werk teen jou eie pas vir ՚n maksimum tydsduur van 24 maande.

AANVANGSDATUM: ENIGE TYD

Aansoeke word heeljaar aanvaar.

TOELATINGSVEREISTES:

  • Studente moet Afrikaans goed magtig weesE-pos en
  • Internettoegang is ‘n vereiste
  • Geen tersiêre kwalifikasie is nodig nie

Studente se Suksesstories

Ons is trots op die studente wat sukses behaal het. Hier is net ՚n paar getuigstukke van ons studente wat sukses behaal het nadat hulle ons kreatiewe skryfkursusse voltooi het.

Studieleiers vir hierdie kursus:

Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanseis in die Noord-Kaap gebore, maar het op Worcester, in die Boland, grootgeword. Na matriek aan die Hoërskool Worcester, behaal sy die grade BA en BA Hons in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Verdere studie in Sielkunde volg aan die Universiteit van Suid Afrika.

Aan die einde van 2011 behaal sy ‘n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad.

Haar eerste boek is in 2000 gepubliseer. Sedertdien het sy nog 16 boeke gepubliseer.

Al die boeke is reeds verskeie kere herdruk en is steeds in aanvraag en by alle toonaangewende boekwinkels te koop.

Basiese kreatiewe skryfkursus en Skryf n romankursus

Wilna_Adriaanse 400x400

Elsa Winckler

(NB: Elsa will be on a writing sabbatical during 2024)

Elsa Winckler is op Upington gebore. Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Upington waarna sy haar op Wellington gekwalifiseer het as ’n laerskoolonderwyser. Sy het op veertig weer begin studeer en het ’n BA deur Unisa voltooi, en later ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in Dokumentanalise en –ontwerp (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is met haar studenteliefde getroud en hulle het drie interessante kinders en drie pragtige kleinseuns. Vandat sy kan onthou, is lees deel van haar lewe en toe sy die werke van klassieke skrywers soos Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James en The Brontë sisters tydens haar nagraadese studies ‘onmoet’ het, is sy geïnspireer om self te begin skryf. Sy skryf in Engels en Afrikaans en is internasionaal gepubliseer deur uitgewers soos HarperImpulse en Tule Publishing.

Sy het reeds 42 liefdesverhale gepubliseer, 1 kinderboek en 9 kortverhale. Vier van haar boeke het ’n Veertjietoekenning ontvang – in 2010, 2014, 2016 en 2019.

Elsa Winkler | Skryf n roman kursus | Leer Skryf

In hierdie video gee Elsa ‘n kort beskrywing van die verskillende elemente van die skryfproses wat in die ‘Skryf ‘n roman kursus’ behandel word.

Kursus Kurrikulum

Module 1

Jou roman: ‘n inleiding
  • Wat dit verg om ‘n roman te skryf
  • Vrae wat dikwels gevra word
  • Kom aan die gang
  • Sukkel met skrywersblok (writer’s block)
  • Vind ‘n roetine

 

Module 2

Die grondbeginsels
  • Wat is genre?
  • Wat is tema?
  • Verstaan perspektief?
  • Stem

 

Module 3

Karakterisering
  • Karaktergedrewe verhale
  • Leer ken jou karakters  
  • Karakterisering dra by tot die storielyn
  • ’n Verskeidenheid karakters
  • Dialoog
  • Wees op die uitkyk vir

 

Module 4

Storielyn
  • The King Died, the Queen died
  • Storielyn en genre
  • Deurslaggewende elemente in ʼn storielyn
  • Klassieke storie-struktuur
  • Karakterboë
  • Onthou die uitgangspunt (Premis)
  • Newe-storielyne
  • Verbreek die reëls
  • Praktiese wenke

 

Module 5

Struktuur
  • Basiese eienskappe van ’n toneel
  • Skep tempo en spanning
  • Die geheim van oorgange
  • Vermy tyd knope
  • Die samestelling van paragrawe
  • Begin en einde
  • Uitsonderings op die reël

 

Module 6

Skryfstyl
  • Wat is styl?
  • Kan goeie styl aangeleer word?
  • Wys, Moenie Vertel Nie
  • Mooiskrywery (‘Purple Prose’)
  • Ritme en musiek
  • Flagrante foute (die meeste van die tyd)

 

Module 7

Dialoog
  • Waarom is dialoog belangrik?
  • Skryf sterk dialoog
  • Identifiseer die spreker
  • Dialoog uitleg
  • Voorbeelde

 

Module 8

Hersien jou werk
  • Waarom redigeer?
  • Die geval van “On the Road”
  • Wanneer is die regte tyd om te begin hersien?
  • Is dit nie proeflesers se werk nie?
  • Wenke vir hersiening

 

Module 9

Om jou boek te verkoop
  • ‘n Waarskuwing
  • Doen jou huiswerk
  • Om dit voor te lê
  • Die Groot Wag
  • Aanvaarding…en die kontrak
  • Agent of nie?

 

Module 10

Die produksieproses
  • Redigering
  • Bladsy uitleg
  • Proeflees
  • Omslagontwerp
  • Die reklameteks
  • Drukkers toe!
  • Berging en Verspreiding
  • Bemarking
  • Geldmaak
  • Skedulering

 

Module 11

Die skrywer se lewe
  • Doen die praatwerk
  • Die gevreesde resensies
  • ‘n Paar Noodsaaklikhede
  • Verbind jouself tot dié lewe

 

Module 12

Die pad vorentoe
  • Boeke in die toekoms
  • Self-publikasie
  • Die wispelturige leserspubliek
  • Na Module Twaalf: In Kanne en Kruike

 

Ons Studente Sê...

Martin SteynSkryf 'n roman kursus
Read More

Without Wilna's continued support and belief in my story and my characters, I probably would've given up on it. I would've missed finally making that real connection with my characters. And I wouldn't have a best-selling novel, donker spoor, on shelves in book stores as I type this. So I want to thank the South African Writers College for offering these writing courses and attracting people like Wilna Adriaanse. I enjoyed the well-structured course material, and appreciated that it also dealt with publishing aspects like blurbs and submission letters. But it is the one-on-one tutorship that really makes your courses special. Thank you for helping me realise my life-long dream.
Karin van ZijlSkryf 'n roman kursus
Read More

Die SA Writers College doen wat hulle op hule webblad beloof om te doen - iets wat mens nie deesdae baie gereeld kry nie. Ek voel dus asof ek waarde vir my geld ontvang het. En al doen ek niks met dit wat ek geleer het nie, was die ervaring die moeite werd.
Lizelle Burger, VredendalSkryf 'n roman kursus
Read More

'n Wonderlike ervaring. Ek was baie beindruk met die aanbieding van die roman kursus - die volledigheid van die modules asook die terugvoer van die studieleier. 'n Baie aangename ervaring en 'n voorreg om soveel leiding van een van ons voorste Afrikaanse skrywers te ontvang.
Alta SteynSkryf 'n roman kursus
Read More

Words on paper can tell you a story, but the emotional gain from completing something so satisfactory that you want more, is a whole new exciting ball game on its own. The course was motivating and inspirational at all times. I look forward to working with my tutor again on the Advanced Novel Writing course.
Corne ScheepersSkryf 'n roman kursus
Read More

It was a great experience; great value for money and a useful tool to learn exactly what is needed to write a novel. I would have liked the course notes in Afrikaans but other than that it was a great learning curve for me; everything was very well presented. I received very good service from SA Writers’ College and my tutor Wilna was absolutely fantastic! I learnt a lot from her; her feedback was always clear, to the point and very valuable; she is a great motivator. I've gained a lot of knowledge and the will to see my novel through and complete it. The feedback and overall critique from my tutor has grown my confidence and made me realise with hard work and dedication I might actually do this! Thanks to all of you.
Natasha BassonSkryf 'n roman kursus
Read More

I enjoyed doing this course. I would recommend this to anyone interested. All notes and modules were easy to read and understand. The explanations and examples given made it easier to write. My tutor was very professional and supportive. I enjoyed her feedback and her mentoring was of the best quality.
Previous
Next

Kry Hierdie Addisionele Voordele...

Lewenslange Toegang

Trek lewenslange voordeel uit toegang tot toekomstige kursusopdaterings.

Sluit Aan By Ons Skrywersgemeenskap

Verkry toegang tot ons vriendelike Facebook-gemeenskap, daaglikse skryfwenke en skryfinspirasie.

500+ Bonus Artikels op ons Blog

՚n Uitstekende hulpbron met relevante artikels oor verskeie aspekte van skryf en onderhoude met skrywers.

Werk Teen Jou Eie Pas

Ons kursusse pas in by jou tydsberekening. Jy kan dus jou kursus tye vrylik rondom jou alledaagse aktiwiteite beplan.

Werksgeleenthede

Topstudente word uitgenooi om by ons 'skrywers en redakteurs huurdiens' aan te sluit.

Wees van die eerste skrywers om uit te vind oor nuwe skryfkompetisies

Ons maak seker dat jy van die nuutste kompetisies weet.

Ons bied ՚n risiko-vrye, 100% geld-terug waarborg

Ons is só versekerd dat jy jou kursus sal geniet dat ons ՚n 100% geld terug waarborg bied indien jy nie tevrede is met die gehalte van die kursus nie.

Voltooi die aansoekvorm en skop af met die Skryf ՚n roman kursus

U sal binne een werksdag 'n goedkeurings-e-pos en faktuur ontvang.

*Kontak admin as die aansoekvorm nie ingedien word nie, en ons sal u help.

Het jy Vrae? Ons het Antwoorde!

Die kursus bestaan uit twaalf modules. Jy sal in-diepte kursusnotas deur middel van e-pos ontvang. Na elke module sal jy versoek word om skryfoefeninge te doen. Die kursus bestaan uit ՚n totaal van twaalf take en elkeen van hierdie tel tot die uitkoms van jou finale punt. Sodra take voltooi is en per e-pos na jou studieleier gestuur is sal assessering en terugvoer plaasvind, waarna jy die volgende module by ons studentesentrum kan aflaai.

Absoluut. Jy het direkte kommunikasie met jou studieleier regdeur die loop van die kursus. Meer vrae beteken dat jy die maksimum voordele uit hierdie kursus sal trek.

Jy sal lewenslange toegang verkry, sowel as enige toekomstige opdaterigns en verbeterings aan die kursus.

Vir die grootste deel van al ons kursusse sal slegs jou mentor jou werk sien. Dit bly privaat totdat jy belsuit om dit te laat publiseer. Die skryfstukke van die joernalistieke kursus mag dalk in die publieke domein gepubliseer word, maar jy het steeds die finale sê.

Studente sal ՚n SA Writers College Sertifikaat kry indien hulle die kursus voltooi en aan die volgende vereistes voldoen:

  • Studente moet al 24 take voltooi
  • Die kursus moet binne 24 maande vanaf registrasie voltooi word.
  • Studente moet ՚n minimum van 50% behaal.
  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik.
  • Basiese rekenaarvaardighede, e-pos en internet toegang word benodig.
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasies word vereis nie.

Omdat jy met ՚n individuele studieleier sal werk, kan jy enige tyd van die jaar aansoek doen om met jou kursus te begin. Daar is nie spesifieke begindatums soos by tradisionele instansies nie.

՚n Aansoek word gewoonlik binne een werksdag goedgekeur. Sodra ons jou bewyse van betaling ontvang het, kan jy wegspring met jou kursus.

Dit is moeilik om te voorspel, aangesien sommige mense vinniger as ander skryf. Vir elke 1000 woorde van jou manuskrip, kan jy ongeveer een uur opsy sit vir die skryf daarvan, en net so lank vir die hersiening. Die oefeninge behoort elk nie meer as twee ure te neem om te voltooi nie. Aan die einde van die kursus moet jy jouself egter ook tyd toelaat om jou manuskrip een laaste keer behoorlik deur te lees en alle uitstaande verbeteringe aan te bring. Dit bring jou by ongeveer 90 uur oor die verloop van die 12 modules of gemiddeld 7-8 ure per maand.

Jy is welkom om die kursus vroeër te voltooi, maar ons wil nie hê dat jy die proses afjaag nie!

Sodra ՚n applikasie goedgekeur is sal jy ՚n e-pos met ՚n faktuur ontvang. Nadat ons die bewys van betaling ontvang het sal ons die eerste module per e-pos stuur. Jy sal ook jou studieleier se e-pos adres en jou aantekenbesonderhede ontvang. Jou studieleier sal jou kontak om jou te verwelkom.

Enige werk wat jy tydens ՚n kursus skep behoort aan jou. Ons sal nooit ՚n eis instel tot enige iets wat jy vervaardig nie. Ons werk volgens die reël dat alle kopieregte die skepper s’n bly (dis nou jy).

'An excellent course. Elsa was very professional, treating me with dignity and kindness. Her critique was to teach and enhance, and never to put me in a position to doubt myself. I'll highly recommend her as a tutor. Her knowledge about the subject matter speaks for itself, as she is an outstanding and published writer. My experience was enriching, and it gave me tools and confidence to express myself better.'

Thilde-Herine Nel, Skryf ‘n roman kursus

Het Jy Nog Vrae?

Ons wil jou graag help om die beste kursus te kies vir jou behoeftes. Vertel ons watter tipe skryfstyl jy die graagste wil ontwikkel en ons gee vir jou die korrekte opsies om te oorweeg.

Our Refund Policy

If within seven days of starting your course you are not happy on your course, we can either transfer you to a different course or provide a full refund.

If you request a refund after seven days and before 30 days we will charge a 5% administrative fee, as well as any bank fees and tutor fees already incurred.

We do not offer a refund after 30 days on the course.

How can we help?

We would love to chat to you if you have any questions about our courses. If you need advice about the best course for you, drop us a line or email us at admin@sawriterscollege.co.za

We look forward to hearing from you.