Skryf ՚n roman kursus

R 9 995.00

Die Skryf ’n Roman-kursus

Die Skryf ’n Roman-kursus

Gee jou drome vlerke en
skryf ’n roman

Ontvang stap-vir-stap-leiding en -mentorskap deur een van ons bekroonde en bekende studieleiers en kry skryfvernuf in ’n japtrap onder die knie.

Het jy al ooit daarvan gedroom om ’n boek te skryf? Deur die Skryf ’n Roman-kursus af te handel, kan daardie droom bewaarheid word.

Ons omvattende Skryf ’n Roman-kursus bied nie net al die inligting wat jy benodig om ’n roman te skryf nie, maar voorsien jou ook van kundige leiding en ondersteuning, sodat jy ’n stewige fondament het waarop jy jou manuskrip kan voortbou.

Aan die einde van hierdie kursus sal jy ’n voorlegging hê wat jy met trots aan ’n Suid-Afrikaanse uitgewer kan aanbied.

Kursusvoordele

Individuele terugvoer

Ontvang vinnige, eerlike en volledige terugvoer van ’n bekroonde skrywer wat verstaan hoe om aan ’n persoon se unieke skryfstyl te skaaf om die beste resultate te verkry.

Geen groepresensies nie!

Jy sal slegs deur jou studieleier geassesseer word (wat ’n kenner in haar veld is). Jy sal nie meer hoef te wonder hoe om te skryf nie – jy sal stap-vir-stap gelei word.

Geen outomatiese assessering nie

Ons gebruik tradisionele metodes om take te assesseer – presies nes die redigeerders by ’n uitgewersmaatskappy sou doen.

Werk teen jou eie pas

Werk waar en wanneer jy wil. Ons bekwame administrasiespan en jou studieleier is regdeur die werksweek beskikbaar om al jou vrae te beantwoord.

Relevante, bruikbare inhoud

Maklik bestaanbare kursusnotas wat ’n leeftyd se skryfkennis bevat, gereed vir jou om dit op jou eie werk toe te pas.

Deurlopende assessering

Jy word ná elke module geassesseer.

Begin vandag nog jou roman skryf

Oorkom twyfel, uitstel en skrywersblok deur middel van ’n gestruktureerde kursus.

Met behulp van jou ervare studieleier sal jy al jou oorspronklike en kreatiewe idees in ’n manuskrip kan omskep.

In die eerste paar modules sal ons op die boublokke van goeie skryfkuns fokus. Daarna sal ons oorskuif na intense skryfwerk, breedvoerige mentorskap en kritieklewering. Ná elke module sal jou studieleier terugvoer gee oor jou vordering.

Elke module fokus op die onderskeie elemente van goeie skryfvernuf, soos realistiese dialoog, onvergeetlike karakterisering, intrige en volgehoue spanning. Jy sal op die basiese beginsels van die skryfkuns voortbou, soos jou roman vorm aanneem.

Aan die einde van module 12 sal jy genoeg vertroue hê in jou vermoë om jou deur middel van woorde uit te druk, asook ’n manuskrip van minstens 20 000 woorde gelewer het.

Die Skryf ’n Roman-kursus is vir jou ontwerp om ’n voorlopige teks van 20 000 tot 25 000 woorde te skep. Hierdie stap is reeds ’n groot oorwinning vir skrywers wat nie eers kon dink dat dit moontlik sou wees om verby bladsy een te kom nie. Met die wegspringblokke in plek, kan jy dan kies of jy die Gevorderde Skryf ’n Roman-kursus wil neem, wat daarop gemik is om jou manuskrip tot 70 000 woorde te verleng.

SA Writers College Certified Course

Begin vandag nog jou roman skryf

Oorkom twyfel, uitstel en skrywersblok deur middel van ’n gestruktureerde kursus.

Met behulp van jou ervare studieleier sal jy al jou oorspronklike en kreatiewe idees in ’n manuskrip kan omskep.

In die eerste paar modules sal ons op die boublokke van goeie skryfkuns fokus. Daarna sal ons oorskuif na intense skryfwerk, breedvoerige mentorskap en kritieklewering. Ná elke module sal jou studieleier terugvoer gee oor jou vordering.

Elke module fokus op die onderskeie elemente van goeie skryfvernuf, soos realistiese dialoog, onvergeetlike karakterisering, intrige en volgehoue spanning. Jy sal op die basiese beginsels van die skryfkuns voortbou, soos jou roman vorm aanneem.

Aan die einde van module 12 sal jy genoeg vertroue hê in jou vermoë om jou deur middel van woorde uit te druk, asook ’n manuskrip van minstens 20 000 woorde gelewer het.

Die Skryf ’n Roman-kursus is vir jou ontwerp om ’n voorlopige teks van 20 000 tot 25 000 woorde te skep. Hierdie stap is reeds ’n groot oorwinning vir skrywers wat nie eers kon dink dat dit moontlik sou wees om verby bladsy een te kom nie. Met die wegspringblokke in plek, kan jy dan kies of jy die Gevorderde Skryf ’n Roman-kursus wil neem, wat daarop gemik is om jou manuskrip tot 70 000 woorde te verleng.

SA Writers College Certified Course

'I took the course to try my hand at writing and now I am totally hooked. It was worth every cent. Wilna was an excellent tutor and mentor. She provided invaluable knowledge of writing skills. Her feedback was the best learning experience ever. It is an excellent course for any novice writer.'

Stefanie Swiegers, Skryf 'n Roman-kursus, Kaapstad

Kursus Oorsig

TOTALE KOSTE

R 9 995.00

Prys sluit BTW in.

AANTAL SKRYFOEFENINGE

12

Die lengte van die take wissel.

AANTAL MODULES

12

Modules dek rofweg 200 kursusbladsye.

TYDSDUUR VAN KURSUS

24

Werk teen jou eie pas vir ’n maksimum van 24 maande.

AANVANGSDATUM: ENIGE TYD

Aansoeke word heeljaar aanvaar.

TOELATINGSVEREISTES:

  • Studente moet Afrikaans goed magtig wees.
  • E-pos en internettoegang is ’n vereiste.
  • Geen tersiêre kwalifikasie is nodig nie.
Ons skryfstudente behaal sukses.
Ons is trots op die studente wat sukses behaal het. Hier is net ’n paar van die suksesverhale van studente wat ons kursusse afgehandel het.

Studieleiers vir hierdie kursus:

Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanse is in die Noord-Kaap gebore, maar het op Worcester, in die Boland, grootgeword. Ná matriek aan die Hoërskool Worcester, behaal sy die grade BA en HonsBA in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Verdere studie in Sielkunde volg aan die Universiteit van Suid Afrika.

Aan die einde van 2011 behaal sy ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad.

Haar eerste boek is in 2000 gepubliseer. Sedertdien het sy nog 18 boeke gepubliseer.

Wilna het die Lapa-uitgewersprys vir Romanse (2002) vir ’n Heildronk op die Liefde gewen, en die ATKV-Veertjie-toekenning vir Die boek van Ester (2009) en weer vir Vier seisoene kind (2011).

Al die boeke is reeds verskeie kere herdruk en is steeds in aanvraag en by alle toonaangewende boekwinkels te koop.

Wilna_Adriaanse 400x400

Elsa Winckler

(Aan beskikbaarheid onderhewig)

Elsa Winckler is op Upington gebore. Sy het aan die Hoërskool Upington gematrikuleer waarna sy haar op Wellington as ’n laerskoolonderwyser gekwalifiseer het. Sy het op veertig weer begin studeer en het ’n BA deur Unisa afgehandel, en later ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in Dokumentanalise en -ontwerp (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch ontvang. Sy is met haar studenteliefde getroud en hulle het drie interessante kinders en drie pragtige kleinseuns. Vandat sy kan onthou, is lees deel van haar lewe en toe sy die werke van klassieke skrywers soos Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James en die Brontë-susters tydens haar nagraadse studies ‘onmoet’ het, is sy geïnspireer om self te begin skryf. Sy skryf in Engels en Afrikaans en is internasionaal deur uitgewers soos Harper Impulse en Tule Publishing gepubliseer.

Sy het reeds 42 liefdesverhale, 1 kinderboek en 9 kortverhale gepubliseer. Vier van haar boeke het ’n Veertjietoekenning ontvang – in 2010, 2014, 2016 en 2019.

 

Elsa Winkler | Skryf n roman kursus | Leer Skryf

In hierdie video gee Elsa ’n kort beskrywing van die verskillende elemente van die skryfproses wat in die Skryf ’n Roman-kursus behandel word.

Kursus Kurrikulum

Module 1

Jou roman: ’n inleiding

  • Wat dit verg om ’n roman te skryf
  • Vrae wat dikwels gevra word
  • Kom aan die gang
  • Sukkel met skrywersblok (‘writer’s block’)
  • Vind ’n roetine

Module 2

Die grondbeginsels
  • Wat is genre?
  • Wat is tema?
  • Verstaan perspektief?
  • Stem

 

Module 3

Karakterisering
  • Karaktergedrewe verhale
  • Leer ken jou karakters  
  • Karakterisering dra tot die storielyn by
  • ’n Verskeidenheid karakters
  • Dialoog
  • Wees op die uitkyk vir

Module 4

Storielyn
  • The King Died, the Queen died
  • Storielyn en genre
  • Deurslaggewende elemente in ʼn storielyn
  • Klassieke storie-struktuur
  • Karakterboë
  • Onthou die uitgangspunt (Premis)
  • Newe-storielyne
  • Oortree die reëls
  • Praktiese wenke

Module 5

Struktuur
  • Basiese eienskappe van ’n toneel
  • Skep tempo en spanning
  • Die geheim van oorgange
  • Vermy tyd knope
  • Die samestelling van paragrawe
  • Begin en einde
  • Uitsonderings op die reël

 

Module 6

Skryfstyl
  • Wat is styl?
  • Kan goeie styl aangeleer word?
  • Wys, moenie vertel nie
  • Mooiskrywery (‘Purple Prose’)
  • Ritme en musiek
  • Flagrante foute (die meeste van die tyd)

Module 7

Dialoog
  • Waarom is dialoog belangrik?
  • Skryf sterk dialoog
  • Identifiseer die spreker
  • Dialoog uitleg
  • Voorbeelde

 

Module 8

Hersien jou werk
  • Waarom redigeer?
  • Die geval van “On the Road”
  • Wanneer is die regte tyd om te begin hersien?
  • Is dit nie proeflesers se werk nie?
  • Wenke vir hersiening

 

Module 9

Om jou boek te verkoop
  • ’n Waarskuwing
  • Doen jou huiswerk
  • Om dit voor te lê
  • Die Groot Wag
  • Aanvaarding … en die kontrak
  • Agent of nie?

Module 10

Die produksieproses
  • Redigering
  • Bladsy uitleg
  • Proeflees
  • Omslagontwerp
  • Die reklameteks
  • Drukkers toe!
  • Berging en verspreiding
  • Bemarking
  • Geldmaak
  • Skedulering

Module 11

Die skrywer se lewe
  • Doen die praatwerk
  • Die gevreesde resensies
  • ’n Paar noodsaaklikhede
  • Verbind jouself tot dié lewe

Module 12

Die pad vorentoe
  • Boeke in die toekoms
  • Self-publikasie
  • Die wispelturige leserspubliek
  • Ná Module Twaalf: In Kanne en Kruike

Ons Studente Sê...

Martin SteynSkryf 'n roman kursus

Without Wilna's continued support and belief in my story and my characters, I probably would've given up on it. I would've missed finally making that real connection with my characters. And I wouldn't have a best-selling novel, donker spoor, on shelves in book stores as I type this. So I want to thank the South African Writers College for offering these writing courses and attracting people like Wilna Adriaanse. I enjoyed the well-structured course material, and appreciated that it also dealt with publishing aspects like blurbs and submission letters. But it is the one-on-one tutorship that really makes your courses special. Thank you for helping me realise my life-long dream.
Karin van ZijlSkryf 'n roman kursus

Die SA Writers College doen wat hulle op hule webblad beloof om te doen - iets wat mens nie deesdae baie gereeld kry nie. Ek voel dus asof ek waarde vir my geld ontvang het. En al doen ek niks met dit wat ek geleer het nie, was die ervaring die moeite werd.
Lizelle Burger, VredendalSkryf 'n roman kursus

'n Wonderlike ervaring. Ek was baie beindruk met die aanbieding van die roman kursus - die volledigheid van die modules asook die terugvoer van die studieleier. 'n Baie aangename ervaring en 'n voorreg om soveel leiding van een van ons voorste Afrikaanse skrywers te ontvang.
Alta SteynSkryf 'n roman kursus

Words on paper can tell you a story, but the emotional gain from completing something so satisfactory that you want more, is a whole new exciting ball game on its own. The course was motivating and inspirational at all times. I look forward to working with my tutor again on the Advanced Novel Writing course.
Corne ScheepersSkryf 'n roman kursus

It was a great experience; great value for money and a useful tool to learn exactly what is needed to write a novel. I would have liked the course notes in Afrikaans but other than that it was a great learning curve for me; everything was very well presented. I received very good service from SA Writers’ College and my tutor Wilna was absolutely fantastic! I learnt a lot from her; her feedback was always clear, to the point and very valuable; she is a great motivator. I've gained a lot of knowledge and the will to see my novel through and complete it. The feedback and overall critique from my tutor has grown my confidence and made me realise with hard work and dedication I might actually do this! Thanks to all of you.
Natasha BassonSkryf 'n roman kursus

I enjoyed doing this course. I would recommend this to anyone interested. All notes and modules were easy to read and understand. The explanations and examples given made it easier to write. My tutor was very professional and supportive. I enjoyed her feedback and her mentoring was of the best quality.

Ontvang hierdie bykomende voordele ...

Lewenslange toegang

Trek lewenslange voordeel uit toegang tot toekomstige kursusbywerkings.

Sluit aan by ons skrywersgemeenskap

Kry toegang tot ons vriendelike Facebook-gemeenskap, daaglikse skryfwenke en skryfinspirasie.

500+ bonusartikels op ons blog

’n Uitstekende hulpbron met relevante artikels oor verskeie aspekte van skryf en onderhoude met skrywers.

Werk teen jou eie pas

Ons kursusse pas by jou beskikbare tyd aan. Jy kan dus jou kursustye vrylik rondom jou alledaagse aktiwiteite beplan.

Werksgeleenthede

Topstudente word uitgenooi om by ons ‘skrywer- en redakteur-huurdiens’ aan te sluit.

Wees van die eerste skrywers om van nuwe skryfkompetisies uit te vind

Ons maak seker dat jy van die jongste kompetisies weet.Ons maak seker dat jy van die nuutste kompetisies weet.

Ons bied ’n risiko-vrye, 100% geld-terug waarborg

Ons is só seker dat jy jou kursus sal geniet, dat ons ’n 100% geld-terugwaarborg bied indien jy nie met die gehalte van die kursus tevrede is nie.

Vul die aansoekvorm in en skop af met die Basiese Kreatiewe Skryfkursus.

Jy sal binne een werksdag ’n goedkeurings-e-pos en faktuur ontvang.

*Kontak admin as die aansoekvorm nie ingedien word nie, en ons sal u help.

Het jy Vrae? Ons het Antwoorde!

Die kursus bestaan uit twaalf modules. Jy sal uitvoerige kursusnotas per e-pos ontvang. Ná elke module sal jy versoek word om skryfoefeninge te doen. Die kursus bestaan uit ’n totaal van twaalf take en elkeen tel vir jou finale punt. Sodra take afgehandel en per e-pos aan jou studieleier gestuur is, sal assessering en terugvoer plaasvind, waarna jy die volgende module uit ons Studentesentrum kan aflaai.

Absoluut. Jy het direkte kommunikasie met jou studieleier vir die duur van die kursus. Hoe meer vrae jy vra, hoe meer voordeel sal jy uit hierdie kursus put.

Jy sal lewenslange toegang kry, sowel as enige toekomstige bywerkings en verbeterings aan die kursus.

Vir die grootste deel van al ons kursusse sal slegs jou mentor jou werk sien. Dit bly privaat totdat jy besluit om dit te laat publiseer.

Studente sal ’n SA Writers College-sertifikaat ontvang indien hulle die kursus afhandel en aan die volgende vereistes voldoen:

  • Studente moet al 24 take afhandel.
  • Die kursus moet binne 24 maande vanaf registrasie afhandel word.
  • Studente moet ’n minimum van 50% behaal.
  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik.
  • Basiese rekenaarvaardighede, e-pos en internettoegang word benodig.
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasies word vereis nie.

Omdat jy met ’n individuele studieleier sal werk, kan jy enige tyd van die jaar aansoek doen om met jou kursus te begin. Daar is nie spesifieke begindatums soos by tradisionele instansies nie.

’n Aansoek word gewoonlik binne een werksdag goedgekeur. Sodra ons jou bewys van betaling ontvang het, kan jy met jou kursus wegspring.

Dit is moeilik om te voorspel, aangesien sommige mense vinniger as ander skryf. Vir elke 1 000 woorde van jou manuskrip, kan jy ongeveer een uur opsy sit vir die skryf daarvan, en net so lank vir die hersiening. Die oefeninge behoort elk nie meer as twee uur te neem om af te handel nie. Aan die einde van die kursus moet jy jouself egter ook tyd toelaat om jou manuskrip een laaste keer behoorlik deur te lees en alle uitstaande verbeteringe aan te bring. Dit bring jou by ongeveer 90 uur oor die verloop van die 12 modules, of gemiddeld 7-8 uur per maand.

Jy is welkom om die kursus vroeër af te handel, maar ons wil nie hê dat jy die proses afjaag nie!

Sodra ՚n applikasie goedgekeur is sal jy ՚n e-pos met ՚n faktuur ontvang. Nadat ons die bewys van betaling ontvang het sal ons die eerste module per e-pos stuur. Jy sal ook jou studieleier se e-pos adres en jou aantekenbesonderhede ontvang. Jou studieleier sal jou kontak om jou te verwelkom.

Enige werk wat jy tydens ՚n kursus skep behoort aan jou. Ons sal nooit ՚n eis instel tot enige iets wat jy vervaardig nie. Ons werk volgens die reël dat alle kopieregte die skepper s’n bly (dis nou jy).

'An excellent course. Elsa was very professional, treating me with dignity and kindness. Her critique was to teach and enhance, and never to put me in a position to doubt myself. I'll highly recommend her as a tutor. Her knowledge about the subject matter speaks for itself, as she is an outstanding and published writer. My experience was enriching, and it gave me tools and confidence to express myself better.'

Thilde-Herine Nel, Skryf ‘n roman kursus

Het jy nog vrae?

Ons wil jou graag help om die beste kursus vir jou behoeftes te kies. Vertel ons watter tipe skryfstyl jy die graagste wil ontwikkel en ons gee vir jou die korrekte opsies om te oorweeg.

Our Refund Policy

If within seven days of starting your course you are not happy on your course, we can either transfer you to a different course or provide a full refund.

If you request a refund after seven days and before 30 days we will charge a 5% administrative fee, as well as any bank fees and tutor fees already incurred.

We do not offer a refund after 30 days on the course.