Basiese kreatiewe skryfkursus

R 6 995.00

Die basiese kreatiewe skryfkursus

Die Basiese kreatiewe skryfkursus

Die vinnigste, effektiefste manier om die nodige vaardighede aan te leer om enige tipe fiksie te skryf - vanaf romans tot kortstories

՚n Rigiede kursus vir beginners sowel as gesoute skrywers

Elke kunsvorm, vanaf skilder tot vioolspel, besit oor basiese vaardighede wat die beginner moet bemeester voordat hy bevoegd is om sy eie kreatiewe- en oorspronklike werk te kan skep.

Met die basiese kreatiewe skryfkursus leer jy al hierdie vaardighede aan en kry jy ook genoegsame geleenthede om jou skryfkuns te beoefen.

Moenie meer tyd mors deur dieselfde foute te bly maak wat jou aan jou skryfvernuf laat twyfel nie. Laat jou studieleier, wat ook ՚n kenner in haar veld is, jou leer hoe om al die moontlike slaggate van fiksieskryf te vermy en jou idees duidelik uit te druk sodat jou skryfkuns vlerke kry.

Kursus Oorsig

Individuele Terugvoer

Ontvang vinnige, eerlike en volledige terugvoer van ՚n bekroonde skrywer wat verstaan hoe om aan ՚n persoon se unieke skryfstyl te skaaf om die beste resultate te verkry.

Geen Groep Resensies Nie!

Jy sal slegs deur jou studieleier geassesseer word (wat ՚n kenner in haar veld is). Jy sal nie meer hoef te wonder hoe om te skryf nie - jy sal stap-vir-stap gelei word.

Geen Outomatiese Assessering Nie

Ons gebruik tradisionele metodes om take te assesseer – presies nes die redigeerders by ՚n uitgewersmaatskappy sou doen.

Werk Teen Jou Eie Pas

Werk waar en wanneer jy wil. Ons bekwame administrasiespan en jou studieleier is regdeur die werksweek beskikbaar om al jou vrae te beantwoord.

Relevante, Bruikbare Inhoud

Maklik begrypbare kursusnotas wat ՚n leeftyd se skryfkennis bevat, gereed vir jou om dit op jou eie werk toe te pas.

Deurlopende Assessering

Jy word na elke module geassesseer.

Ons stel jou voor aan die basiese kreatiewe skryfkursus

Die beste manier om jou
fiksieskryfprojek op die been te bring

Hierdie kursus is oor die afgelope jare verder ontwikkel en verfyn. Dit bied jou die kans om jare se skryfkennis in net vyf maande te kan bemeester.

Jy sal met ՚n bekende en bekroonde skrywer werk deur die loop van jou vyf module kursus. Dit is te danke aan hierdie een-tot-een terugvoer en mentorskap dat jy binne ՚n kort tydsduur merkwaardige verbetering aan jou skryfwerk sal sien.

Werk deur jou 200-blad kursusmateriaal en voltooi 40 take, waarop jy na elke indiening terugvoer sal kry.

SA Writers College Certified Course

Ons stel jou voor aan die basiese kreatiewe skryfkursus

Die beste manier om jou
fiksieskryfprojek op die been te bring

Hierdie kursus is oor die afgelope jare verder ontwikkel en verfyn. Dit bied jou die kans om jare se skryfkennis in net vyf maande te kan bemeester.

Jy sal met ՚n bekende en bekroonde skrywer werk deur die loop van jou vyf module kursus. Dit is te danke aan hierdie een-tot-een terugvoer en mentorskap dat jy binne ՚n kort tydsduur merkwaardige verbetering aan jou skryfwerk sal sien.

Werk deur jou 200-blad kursusmateriaal en voltooi 40 take, waarop jy na elke indiening terugvoer sal kry.

SA Writers College Certified Course

'My kursusopleier was 'n uitstekende leermeester en ek het baie by haar geleer. Haar terugvoering was altyd duidelik, opbouend en inspireerend. Ek het die kurses baie geniet en het baie meer daaruit gekry as wat ek verwag het.'

Bianca, Kaapstad, Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus

Kursus Oorsig

TOTALE KOSTE

R 6 995.00

Prys sluit BTW in.

AANTAL SKRYFOEFENINGE

40

Alle take verskil in lengte.

AANTAL MODULES

5

Modules dek rofweg 200 kursusbladsye.

TYDSDUUR VAN KURSUS

5

Werk teen jou eie pas vir ՚n maksimum tydsduur van vyf maande.

AANVANGSDATUM: ENIGE TYD

Aansoeke word heeljaar aanvaar.

TOELATINGSVEREISTES:

  • Studente moet Afrikaans goed magtig wees
  • E-pos en Internettoegang is ‘n vereiste
  • Geen tersiêre kwalifikasie is nodig nie

Studente se Suksesstories

Ons is trots op die studente wat sukses behaal het. Hier is net ՚n paar getuigstukke van ons studente wat sukses behaal het nadat hulle ons kreatiewe skryfkursusse voltooi het.

Studieleier vir hierdie kursus:

Wilna Adriaanse

Wilna Adriaanseis in die Noord-Kaap gebore, maar het op Worcester, in die Boland, grootgeword. Na matriek aan die Hoërskool Worcester, behaal sy die grade BA en BA Hons in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Verdere studie in Sielkunde volg aan die Universiteit van Suid Afrika.

Aan die einde van 2011 behaal sy ‘n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad.

Haar eerste boek is in 2000 gepubliseer. Sedertdien het sy nog 16 boeke gepubliseer.

Al die boeke is reeds verskeie kere herdruk en is steeds in aanvraag en by alle toonaangewende boekwinkels te koop.

Basiese kreatiewe skryfkursus en Skryf n romankursus

Wilna_Adriaanse 400x400

Kursus Kurrikulum

Module 1

Fiksie se onderdele
  • Die verskil tussen formele skryfwerk en stories
  • Die basiese elemente van kreatiewe skryf: Handeling
  • Die basiese elemente van kreatiewe skryf: Beskrywing
  • Die basiese elemente van kreatiewe skryf:Dialoog
  • Take: Voltooi en stuur 20 kort oefeninge oor hierdie komponente
 

Module 2

Leer hoe om tonele te skryf
  • Wat is ’n toneel?
  • Die vier hooffunksies van ’n toneel
  • Ons analiseer tonele geskep deur bekende skrywers
  • Skryf oefenstukke
  • Skryf jou eie tonele
  • Balanseer die komponente
  • Bou ’n toneel stap vir stap
  • Take: Analiseer tonele van gevestigde skrywers oor die volgende punte: beskrywing, aksie, dialoog, atmosfeer en ritme. Skryf leerstukke in die styl van die skrywers.

 

Module 3

Skryf jou eie tonele
  • Hoe om te begin skryf.
  • Hoe om jou werk te redigeer en te herskryf.
  • Take: Skryf ՚n 1000-woord toneel uit ՚n lys van onderwerpe. Beplan jou toneel – dien ՚n sinopse, agtergrondstories, atmosfeer en toneelplanne in.

 

Module 4

Maak skryf ‘n leefstyl
  • Neem die volgende stap.
  • Noodsaaklike punte om skryfsukses te verseker.
  • Die toegewyde lewe van ՚n skrywer.
  • Verbeter jou konsepte.
  • Take: Hersien jou toneel.

 

Module 5

Werksgeleenthede vir fiksieskrywers
  • Uitgewers in die Suid-Afrikaanse mark.
  • Take: Dien jou finale skryfstuk in.

 

Ons Studente Sê...

Lana HitgeBasiese Kreatiewe Skryfkursus
Read More

The course was a lot of fun and I learned a lot. I enjoyed working under my tutor. Her feedback was always given in such a way that I learned something from it. I started the course with an aim to learn how to write publishable short stories and I do believe that I will be able to publish something soon.
Hanli DuraanBasiese Kreatiewe Skryfkursus
Read More

The Baie hehulpsaam en inspirerend. Goeie bruikbare kritiek en raad op werkstukke. Ek het die kursus baie geniet en die admin proses was pynloos.
Colleen KoekemoerBasiese Kreatiewe Skryfkursus
Read More

Pret en maklike manier om meer oor kreatiewe skryfwerk te leer. My hele ondervinding met SA Writer's College het vlot verloop en ek het dit baie geniet. Ek het beslis baie geleer en meer belangrik, ek het dit baie geniet.
BiancaBasiese Kreatiewe Skryfkursus
Read More

Wilna Adriaanse was 'n uitstekende leermeester en ek het baie by haar geleer. Haar terugvoering was altyd duidelik, opbouend en inspireerend. Sy het ook enige vrae wat ek gehad het gou beantwoord. Ek het die kurses baie geniet en het baie meer daaruit gekry as wat ek verwag het. Ek voel dat my kennis en vaardighede baie gegroei het en ek het 'n ander uitkyk gekry op sommige aspekte wat my skryfwerk baie help
Harriet AckermannBasiese Kreatiewe Skryfkursus
Read More

My tutor was very helpful. I appreciated the fact that she was objective and fair. Her feedback was always informative She was strict, but readily gave credit where she thought credit was due - which increased my perception of the credibility of the assessment of the course material
Previous
Next

Kry Hierdie Addisionele Voordele...

Lewenslange Toegang

Trek lewenslange voordeel uit toegang tot toekomstige kursusopdaterings.

Sluit Aan By Ons Skrywersgemeenskap

Verkry toegang tot ons vriendelike Facebook-gemeenskap, daaglikse skryfwenke en skryfinspirasie.

500+ Bonus Artikels op ons Blog

՚n Uitstekende hulpbron met relevante artikels oor verskeie aspekte van skryf en onderhoude met skrywers.

Werk Teen Jou Eie Pas

Ons kursusse pas in by jou tydsberekening. Jy kan dus jou kursus tye vrylik rondom jou alledaagse aktiwiteite beplan.

Werksgeleenthede

Topstudente word uitgenooi om by ons 'skrywers en redakteurs huurdiens' aan te sluit.

Wees van die eerste skrywers om uit te vind oor nuwe skryfkompetisies

Ons maak seker dat jy van die nuutste kompetisies weet.

Ons bied ՚n risiko-vrye, 100% geld-terug waarborg

Ons is só versekerd dat jy jou kursus sal geniet dat ons ՚n 100% geld terug waarborg bied indien jy nie tevrede is met die gehalte van die kursus nie.

Voltooi die aansoekvorm om en skop af met die Basiese Kreatiewe Skryfkursus

U sal binne een werksdag ‘n goedkeurings-e-pos en faktuur ontvang.

*Kontak admin as die aansoekvorm nie ingedien word nie, en ons sal u help.

Het jy Vrae? Ons het Antwoorde!

Die kursus bestaan uit vyf modules. Jy sal in-diepte kursusnotas deur middel van e-pos ontvang. Na elke module sal jy versoek word om skryfoefeninge te doen. Die kursus bestaan uit ՚n totaal van veertig kort take en elkeen van hierdie tel tot die uitkoms van jou finale punt. Sodra take voltooi is en per e-pos na jou studieleier gestuur is sal assessering en terugvoer plaasvind, waarna jy die volgende module by ons studentesentrum kan aflaai.

Absoluut. Jy het direkte kommunikasie met jou studieleier regdeur die loop van die kursus. Meer vrae beteken dat jy die maksimum voordele uit hierdie kursus sal trek.

Jy sal lewenslange toegang verkry, sowel as enige toekomstige opdaterigns en verbeterings aan die kursus.

Vir die grootste deel van al ons kursusse sal slegs jou mentor jou werk sien. Dit bly privaat totdat jy belsuit om dit te laat publiseer. Die skryfstukke van die joernalistieke kursus mag dalk in die publieke domein gepubliseer word, maar jy het steeds die finale sê.

Studente sal ՚n SA Writers College Sertifikaat kry indien hulle die kursus voltooi en aan die volgende vereistes voldoen:

  • Studente moet al veertig take voltooi
  • Die kursus moet binne vier maande vanaf registrasie voltooi word.
  • Studente moet ՚n minimum van 50% behaal.
  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik.
  • Basiese rekenaarvaardighede, e-pos en internet toegang word benodig.
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasies word vereis nie.
  •  

Omdat jy met ՚n individuele studieleier sal werk, kan jy enige tyd van die jaar aansoek doen om met jou kursus te begin. Daar is nie spesifieke begindatums soos by tradisionele instansies nie.

՚n Aansoek word gewoonlik binne een werksdag goedgekeur. Sodra ons jou bewyse van betaling ontvang het, kan jy wegspring met jou kursus.

Daar word geen navorsing benodig vir hierdie kursus nie, slegs beplanning en skryf. Jy bepaal jou eie spoed en behoort die kursus binne vier maande te voltooi (met ՚n ekstra 21 dae indien jou kursus oor Kersfees en Nuwejaar strek).

Jy is welkom om die kursus vroeër te voltooi, maar ons wil nie hê dat jy die proses afjaag nie!

Sodra ՚n applikasie goedgekeur is sal jy ՚n e-pos met ՚n faktuur ontvang. Nadat ons die bewys van betaling ontvang het sal ons die eerste module per e-pos stuur. Jy sal ook jou studieleier se e-pos adres en jou aantekenbesonderhede ontvang. Jou studieleier sal jou kontak om jou te verwelkom.

Enige werk wat jy tydens ՚n kursus skep behoort aan jou. Ons sal nooit ՚n eis instel tot enige iets wat jy vervaardig nie. Ons werk volgens die reël dat alle kopieregte die skepper s’n bly (dis nou jy).

'Baie hehulpsaam en inspirerend. Goeie bruikbare kritiek en raad op werkstukke. Ek het die kursus baie geniet en die admin proses was pynloos.'

Hanli Duraan, Basiese Kreatiewe Skryfkursus

Het Jy Nog Vrae?

Ons wil jou graag help om die beste kursus te kies vir jou behoeftes. Vertel ons watter tipe skryfstyl jy die graagste wil ontwikkel en ons gee vir jou die korrekte opsies om te oorweeg.

Our Refund Policy

If within seven days of starting your course you are not happy on your course, we can either transfer you to a different course or provide a full refund.

If you request a refund after seven days and before 30 days we will charge a 5% administrative fee, as well as any bank fees and tutor fees already incurred.

We do not offer a refund after 30 days on the course.