Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus
Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus
Die vinnigste, doeltreffendste manier om die nodige vaardighede aan te leer om enige tipe fiksie te skryf – vanaf romans tot kortverhale
Strawwe oefening vir beginners sowel as gesoute skrywers
Elke kunsvorm, vanaf skilder tot vioolspel, verg basiese vaardighede wat die beginner moet bemeester voordat hulle bevoegd is om hulle eie kreatiewe en oorspronklike werk te kan skep.
Met die basiese kreatiewe skryfkursus leer jy al hierdie vaardighede aan en kry jy ook genoegsame geleenthede om jou skryfkuns te beoefen.
Moenie meer tyd mors deur dieselfde foute, wat jou aan jou skryfvernuf laat twyfel, te bly maak nie. Laat jou studieleier, wat ook ’n kenner in haar veld is, jou leer hoe om al die moontlike slaggate van fiksieskryf te vermy en jou idees duidelik uit te druk sodat jou skryfkuns vlerke kry.
Kursusvoordele
Individuele terugvoer
Ontvang vinnige, eerlike en volledige terugvoer van ’n bekroonde skrywer wat verstaan hoe om aan ’n persoon se unieke skryfstyl te skaaf om die beste resultate te verkry.
Geen groepresensies nie!
Jy sal slegs deur jou studieleier geassesseer word (wat ’n kenner in haar veld is). Jy sal nie meer hoef te wonder hoe om te skryf nie – jy sal stap-vir-stap gelei word.
Geen outomatiese assessering nie
Ons gebruik tradisionele metodes om take te assesseer – presies nes die redigeerders by ’n uitgewersmaatskappy sou doen.
Werk teen jou eie pas
Werk waar en wanneer jy wil. Ons bekwame administrasiespan en jou studieleier is regdeur die werksweek beskikbaar om al jou vrae te beantwoord.
Relevante, bruikbare inhoud
Maklik bestaanbare kursusnotas wat ’n leeftyd se skryfkennis bevat, gereed vir jou om dit op jou eie werk toe te pas.
Deurlopende assessering
Jy word ná elke module geassesseer.
Ons stel jou voor aan die basiese kreatiewe skryfkursus
Die beste manier om jou
fiksieskryfprojek op die been te bring
Hierdie kursus is oor baie jare ontwikkel en verfyn. Dit bied jou die kans om jare se skryfkennis in net vyf maande te kan bemeester.
Jy sal deur die loop van jou vyf-module-kursus met ’n bekende en bekroonde skrywer saamwerk. Dit is aan hierdie een-tot-een-terugvoer en -mentorskap te danke dat jy binne ’n kort tydjie merkwaardige verbetering in jou skryfwerk sal sien.
Werk deur jou 200-bladsy-kursusmateriaal en handel 40 take af, waarop jy ná elke indiening terugvoer sal kry.
Ons stel jou voor aan die basiese kreatiewe skryfkursus
Die beste manier om jou
fiksieskryfprojek op die been te bring
Hierdie kursus is oor baie jare ontwikkel en verfyn. Dit bied jou die kans om jare se skryfkennis in net vyf maande te kan bemeester.
Jy sal deur die loop van jou vyf-module-kursus met ’n bekende en bekroonde skrywer saamwerk. Dit is aan hierdie een-tot-een-terugvoer en -mentorskap te danke dat jy binne ’n kort tydjie merkwaardige verbetering in jou skryfwerk sal sien.
Werk deur jou 200-bladsy-kursusmateriaal en handel 40 take af, waarop jy ná elke indiening terugvoer sal kry.
'My kursusopleier was 'n uitstekende leermeester en ek het baie by haar geleer. Haar terugvoering was altyd duidelik, opbouend en inspireerend. Ek het die kurses baie geniet en het baie meer daaruit gekry as wat ek verwag het.'
Bianca, Kaapstad, Die Basiese Kreatiewe Skryfkursus
Kursusoorsig
TOTALE KOSTE
R 7 995.00
Prys sluit BTW in.
AANTAL SKRYFOEFENINGE
40
Die lengte van die take wissel.
AANTAL MODULES
5
Modules dek rofweg 200 kursusbladsye.
TYDSDUUR VAN KURSUS
5
Werk teen jou eie pas vir ’n maksimum tydsduur van vyf maande.
AANVANGSDATUM: ENIGE TYD
Aansoeke word heeljaar aanvaar.
TOELATINGSVEREISTES:
- Studente moet Afrikaans goed magtig wees.
E-pos en internettoegang is ’n vereiste.
- Geen tersiêre kwalifikasie is nodig nie.
Studieleier vir hierdie kursus:
Wilna Adriaanse
Wilna Adriaanse is in die Noord-Kaap gebore, maar het op Worcester, in die Boland, grootgeword. Ná matriek aan die Hoërskool Worcester, behaal sy die grade BA en HonsBA in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Verdere studie in Sielkunde volg aan die Universiteit van Suid Afrika.
Aan die einde van 2011 behaal sy ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad.
Haar eerste boek is in 2000 gepubliseer. Sedertdien het sy nog 18 boeke gepubliseer.
Wilna het die Lapa-uitgewersprys vir Romanse (2002) vir ’n Heildronk op die Liefde gewen, en die ATKV-Veertjie-toekenning vir Die boek van Ester (2009) en weer vir Vier seisoene kind (2011).
Al die boeke is reeds verskeie kere herdruk en is steeds in aanvraag en by alle toonaangewende boekwinkels te koop.
Kursuskurrikulum
Module 1
Die komponente van fiksie
- Die verskil tussen formele skryfwerk en stories
- Die basiese elemente van kreatiewe skryf: Handeling
- Die basiese elemente van kreatiewe skryf: Beskrywing
- Die basiese elemente van kreatiewe skryf:Dialoog
- Take: Voltooi en stuur 20 kort oefeninge oor hierdie komponente in
Module 2
- Wat is ’n toneel?
- Die vier hooffunksies van ’n toneel
Ons analiseer tonele wat deur bekende skrywers geskep is
- Skryf oefenstukke
- Skryf jou eie tonele
- Balanseer die komponente
- Bou ’n toneel stap vir stap
Take: Analiseer tonele deur gevestigde skrywers ten opsigte van die volgende punte: beskrywing, aksie, dialoog, atmosfeer en ritme. Skryf oefenstukke in die styl van die skrywers.
Module 3
- Hoe om te begin skryf.
- Hoe om jou werk te redigeer en te herskryf.
- Take: Kies uit ’n lys van onderwerpe en skryf ’n toneel van 1 000 woorde. Beplan jou toneel – dien ’n sinopse, agtergrondstories, atmosfeer en toneelplanne in.
Module 4
Maak skryf ’n leefstyl
- Neem die volgende stap.
- Noodsaaklike punte om skryfsukses te verseker.
- Die toegewyde lewe van ’n skrywer.
- Verbeter jou konsepte.
- Take: Hersien jou toneel.
Module 5
- Uitgewers op die Suid-Afrikaanse mark.
- Take: Dien jou finale skryfstuk in.
Ons Studente Sê...
The course was a lot of fun and I learned a lot. I enjoyed working under my tutor. Her feedback was always given in such a way that I learned something from it. I started the course with an aim to learn how to write publishable short stories and I do believe that I will be able to publish something soon.
Baie hehulpsaam en inspirerend. Goeie bruikbare kritiek en raad op werkstukke. Ek het die kursus baie geniet en die admin proses was pynloos.
Pret en maklike manier om meer oor kreatiewe skryfwerk te leer. My hele ondervinding met SA Writer's College het vlot verloop en ek het dit baie geniet. Ek het beslis baie geleer en meer belangrik, ek het dit baie geniet.
Wilna Adriaanse was 'n uitstekende leermeester en ek het baie by haar geleer. Haar terugvoering was altyd duidelik, opbouend en inspireerend. Sy het ook enige vrae wat ek gehad het gou beantwoord. Ek het die kurses baie geniet en het baie meer daaruit gekry as wat ek verwag het. Ek voel dat my kennis en vaardighede baie gegroei het en ek het 'n ander uitkyk gekry op sommige aspekte wat my skryfwerk baie help
My tutor was very helpful. I appreciated the fact that she was objective and fair. Her feedback was always informative She was strict, but readily gave credit where she thought credit was due - which increased my perception of the credibility of the assessment of the course material
Ontvang hierdie bykomende voordele ...
Lewenslange toegang
Trek lewenslange voordeel uit toegang tot toekomstige kursusbywerkings.
Sluit aan by ons skrywersgemeenskap
Kry toegang tot ons vriendelike Facebook-gemeenskap, daaglikse skryfwenke en skryfinspirasie.
500+ bonusartikels op ons blog
’n Uitstekende hulpbron met relevante artikels oor verskeie aspekte van skryf en onderhoude met skrywers.
Werk teen jou eie pas
Ons kursusse pas by jou beskikbare tyd aan. Jy kan dus jou kursustye vrylik rondom jou alledaagse aktiwiteite beplan.
Werksgeleenthede
Topstudente word uitgenooi om by ons ‘skrywer- en redakteur-huurdiens’ aan te sluit.
Wees van die eerste skrywers om van nuwe skryfkompetisies uit te vind
Ons maak seker dat jy van die jongste kompetisies weet.Ons maak seker dat jy van die nuutste kompetisies weet.
Ons bied ’n risiko-vrye, 100% geld-terug waarborg
Ons is só seker dat jy jou kursus sal geniet, dat ons ’n 100% geld-terugwaarborg bied indien jy nie met die gehalte van die kursus tevrede is nie.
Het jy vrae? Ons het antwoorde!
Die kursus bestaan uit vyf modules. Jy sal uitvoerige kursusnotas per e-pos ontvang. Ná elke module sal jy versoek word om skryfoefeninge te doen. Die kursus bestaan uit ’n totaal van veertig kort take en elkeen tel vir jou finale punt. Sodra take afgehandel en per e-pos aan jou studieleier gestuur is, sal assessering en terugvoer plaasvind, waarna jy die volgende module uit ons Studentesentrum kan aflaai.
Absoluut. Jy het direkte kommunikasie met jou studieleier vir die duur van die kursus. Hoe meer vrae jy vra, hoe meer voordeel sal jy uit hierdie kursus put.
Jy sal lewenslange toegang kry, sowel as enige toekomstige bywerkings en verbeterings aan die kursus.
Vir die grootste deel van al ons kursusse sal slegs jou mentor jou werk sien. Dit bly privaat totdat jy besluit om dit te laat publiseer. Die skryfstukke van die joernalistieke kursus mag dalk in die publieke domein gepubliseer word, maar jy het steeds die finale sê.
Studente sal ’n SA Writers College-sertifikaat ontvang indien hulle die kursus afhandel en aan die volgende vereistes voldoen:
Studente moet al veertig take afhandel
Die kursus moet binne vier maande vanaf registrasie afgehandel word.
Studente moet ’n minimum van 50% behaal.
- Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik.
- Basiese rekenaarvaardighede, e-pos en internettoegang word benodig.
- Geen vorige tersiêre kwalifikasies word vereis nie.
Omdat jy met ’n individuele studieleier sal werk, kan jy enige tyd van die jaar aansoek doen om met jou kursus te begin. Daar is nie spesifieke begindatums soos by tradisionele instansies nie.
’n Aansoek word gewoonlik binne een werksdag goedgekeur. Sodra ons jou bewys van betaling ontvang het, kan jy met jou kursus wegspring.
Daar word geen navorsing vir hierdie kursus benodig nie, slegs beplanning en skryf. Jy bepaal jou eie spoed en behoort die kursus binne vier maande af te handel (met ’n ekstra 21 dae indien jou kursus oor Kersfees en Nuwejaar strek).
Jy is welkom om die kursus vroeër af te handel, maar ons wil nie hê dat jy die proses afjaag nie!
Jy is welkom om die kursus vroeër te voltooi, maar ons wil nie hê dat jy die proses afjaag nie!
Sodra ’n aansoek goedgekeur is, sal jy ’n e-pos met ’n faktuur ontvang. Nadat ons die bewys van betaling ontvang het, sal ons die eerste module per e-pos stuur. Jy sal ook jou studieleier se e-posadres en jou aantekenbesonderhede ontvang. Jou studieleier sal jou kontak om jou te verwelkom.
Enige werk wat jy tydens ’n kursus skep, behoort aan jou. Ons sal nooit aanspraak maak op enigiets wat jy voortbring nie. Ons werk volgens die reël dat alle kopieregte die skepper s’n bly (dis nou jy).