Vryskutjoernalistieke kursus

R 8 995.00

Vryskutjoernalistiek vir tydskrifte en e-publikasies

Vryskutjoernalistiek vir tydskrifte en e-publikasies

Word ’n vryskutjoernalis in die digitale ekonomie

Leer die nodige vaardighede aan om artikels vir tydskrifte en e-publikasies vinnig en doeltreffend te skryf en te verkoop.

Die kursus in vryskutjoernalistiek vir tydskrifte en e-publikasies bemagtig jou met die kennis van goeie navorsingstegnieke om boeiende artikels te kan skryf. Die era van die vryskutjoernalis het aangebreek en jy kan nou uit die gemak van jou eie woning vir talle publikasies van regoor die wêreld skryf.

Daar is sekere vaardighede wat jy wel sal moet aanleer voordat jy hierdie opwindende nuwe reis in jou loopbaan kan aanpak. Om as vryskutjoernalis te slaag, sal jy aanpasbaar genoeg moet wees om die een dag ’n ligte, ‘voelgoed’-skryfstuk aan mekaar te slaan, en die volgende dag ’n ingewikkelde wetenskaplike teks te lewer. Jy sal lang en kort skryfstukke moet kan lewer – alles van blogmateriaal tot gedrukte vaktydskrifartikels. Ons Vryskutkursus leer jou hoe om artikels vir ’n breë spektrum van tydskrifte en e-publikasies te skryf.

Jy gaan leer hoe om idees wat verkoop, te kry, hoe om redakteurs te benader, die kuns van goeie onderhoudsvoering, hoe om van begin tot einde aan jou storie te skaaf, asook hoe om jou besigheid suksesvol te bestuur.

Kursusvoordele

Individuele terugvoer

Ontvang vinnige, eerlike en volledige terugvoer van ’n bekroonde skrywer wat verstaan hoe om aan ’n persoon se unieke skryfstyl te skaaf om die beste resultate te verkry.

Geen groepresensies nie!

Jy sal slegs deur jou studieleier geassesseer word (wat ’n kenner in haar veld is). Jy sal nie meer hoef te wonder hoe om te skryf nie – jy sal stap-vir-stap gelei word.

Geen outomatiese assessering nie

Ons gebruik tradisionele metodes om take te assesseer – presies nes die redigeerders by ’n uitgewersmaatskappy sou doen.

Werk teen jou eie pas

Werk waar en wanneer jy wil. Ons bekwame administrasiespan en jou studieleier is regdeur die werksweek beskikbaar om al jou vrae te beantwoord.

Relevante, bruikbare inhoud

Maklik bestaanbare kursusnotas wat ’n leeftyd se skryfkennis bevat, gereed vir jou om dit op jou eie werk toe te pas.

Deurlopende assessering

Jy word ná elke module geassesseer.

Laat jou artikels uitstaan deur die gebruik van goeie skryftegnieke

’n Slim manier om jou joernalistieke loopbaan mee af te skop

Deur die loop van 11 modules gaan jy deur ’n vaardige joernalis gelei word, wat nie net ’n kenner en mentor is nie, maar ook self in die veld werk.

In 300 bladsye en 20 skryfoefeninge takel hierdie kursus al die kwessies en kwelvrae wat groentjiejoernaliste mag hê, help jou om algemene foute te vermy en leer jou hoe om aan jou skryfstyl te skaaf.

Aan die einde van die kursus sal jy met twee volledige artikels wegstap wat onmiddelik gepubliseer kan word.

SA Writers College Certified Course

Laat jou artikels uitstaan deur die gebruik van goeie skryftegnieke

’n Slim manier om jou joernalistieke loopbaan mee af te skop

Deur die loop van 11 modules gaan jy deur ’n vaardige joernalis gelei word, wat nie net ’n kenner en mentor is nie, maar ook self in die veld werk.

In 300 bladsye en 20 skryfoefeninge takel hierdie kursus al die kwessies en kwelvrae wat groentjiejoernaliste mag hê, help jou om algemene foute te vermy en leer jou hoe om aan jou skryfstyl te skaaf.

Aan die einde van die kursus sal jy met twee volledige artikels wegstap wat onmiddelik gepubliseer kan word.

SA Writers College Certified Course

'Dit was 'n wonderlike ervaring! Die terugvoering was spoedig en uiters volledig. Die opleier was te alle tye behulpsaam en aangenaam. Sonder Danielle sou ek nie die kursus so baie geniet het nie. Sy is 'n regte diamant van 'n opleier. 'n Instansie van puik gehalte!'

Leandri Joubert, Vryskutjoernalistieke kursus

Kursus Oorsig

TOTALE KOSTE

R 8 995.00

Prys sluit BTW in.

AANTAL SKRYFOEFENINGE

20

Die lengte van die take wissel.

AANTAL MODULES

11

Modules dek rofweg 300 kursusbladsye.

TYDSDUUR VAN KURSUS

12

Werk teen jou eie pas vir ’n maksimum tydsduur van twaalf maande.

AANVANGSDATUM: ENIGE TYD

Aansoeke word heeljaar aanvaar.

TOELATINGSVEREISTES:

  • Studente moet Afrikaans goed magtig wees.
  • E-pos en internettoegang is ’n vereiste.
  • Geen tersiêre kwalifikasie is nodig nie.

Studente se suksesverhale

Ons is trots op die studente wat sukses behaal het. Hier is net ’n paar van die suksesverhale van studente wat ons kursusse afgehandel het.

Studieleier vir hierdie kursus:

Annelien van Basten

Annelien van Basten is ’n gekwalifiseerde taalkundige en skrywer met meer as 20 jaar ondervinding in die mediabedryf. Sy het al by talle groot publikasies soos Beeld, Finesse, Maksiman, Top Huis, LongevityAvokado, Troukoors en BELLA gewerk. Haar ervaring strek veel verder as net gedrukte media. Sy het ook baie jare se ondervinding in aanlyn media en het vir platforms soos Homemakers-online, Troukoors, Life, Love & Weddings, voelgoed.co.za, bellamag.co.za, afrikaans.com en vele meer geskryf.

Haar vorige posisies sluit in gesondheid- en motorredakteur vir BELLA, produksieredakteur vir Finesse, produksiebestuurder vir Carpe Diem Media se Boekafdeling, artikelredakteur vir Troukoors en kopieredakteur vir Top Huis en Avokado.

Annelien se belangstellings sluit in: vermaak, diere, gesondheid, verhoudings, motors, liefde, troues en dekor.

Kursus Kurrikulum

Module 1

Die Genre Van Vryskutjoernalistiek
  • Onderskei tussen tydskrifjoernalistiek en ander skryfgenres.
  • Weet wat jy nodig het om as vryskutjoernalis ’n begin te maak.
  • Leer om stelselmatig te werk.
  • Ken die elemente van tydskrifjoernalistiek.
  • Kry antwoorde op die mees algemene vrae oor ’n loopbaan in tydskrifjoernalistiek.
  • Werkstuk 1: Oefen om niefiksie te skryf wat “wys” eerder as “vertel” (beoordelings- en terugvoertake)

Module 2

Teiken Jou Mark
  • Ontleed ’n tydskrif ten opsigte van inhoud, styl, formaat, invalshoek, teikenmarkte en lesersprofiel.
  • Leer hoe om jou skryfwerk teen dié van ’n geselekteerde tydskrif te meet.
  • Onderskei tussen die verskillende tipes artikels wat in tydskrifte gevind word.
  • Werkstuk 2: Analiseer die lesersprofiel, styl, invalshoek en formaat van ’n geselekteerde tydskrif (beoordelings- en terugvoertaak).

Module 3

Onderwerpe Wat Verkóóp
  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind.
  • Leer tegnieke aan om idees te kry.
  • Onderskei tussen ’n onderwerp en ’n invalshoek.
  • Bestudeer ’n oorsig van bekende tydskrifte in SA.
  • Werkstuk 3: Verfyn invalshoeke; Hoe om ’n invalshoek vir ’n artikel te identifiseer (terugvoertaak)

Module 4

Onthulling Van Die Industrie
  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf.
  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte.
  • Werkstuk 4: Skryf ’n navraagbrief aan jou geselekteerde tydskrif waarin jy alle aspekte van styl, invalshoek, inhoud en formaat vervat (beoordelings- en terugvoertaak).

Module 5

Kry Jou Feite Reg
  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit.
  • Leer onderhoudvoeringstegnieke.
  • Kry betroubare inligtingsbronne.
  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy.
  • Werkstuk 5: Werk die struktuur van jou voorgestelde artikel uit, en maak seker van die logiese vloei van inhoud (terugvoertaak).
  • Voer onderhoude en doen navorsing.

Module 6

Die Onweerstaanbare Aanvangsparagraaf
  • Verstaan die noodsaaklike elemente van ’n onweerstaanbare inleiding.
  • Identifiseer die verskillende tipes inleidings.
  • Werkstuk 6: Skryf ’n onweerstaanbare begin vir jou artikel (beoordelings- en terugvoertaak).

Module 7

Lyftaal Deel I
  • Identifiseer die hoofkomponente wat aan ’n artikel ‘lyf’ gee.
  • Gebruik die basiese verhaalstruktuur om jou artikel te beplan.
  • Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik.
  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed.
  • Werkstuk 7: Begin om die hoofgedeelte van jou artikel te skryf (beoordelingstaak).

Module 8

Lyftaal Deel II
  • Identifiseer die belangrikste grammatika-, styl- en leestekenreëls.
  • Ken die reëls vir die korrekte gebruik van aanhalings.
  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik.
  • Werkstuk 8: Toets jou kennis van grammatika, styl en leestekens (beoordelings- en terugvoertaak).
  • Werkstuk 9: Timmer die inhoud tot perfeksie (beoordelingstaak).

Module 9

Eindig in Styl

  • Identifiseer die verskillende slottipes.
  • Werkstuk 10: Skryf die slot vir jou artikel (terugvoertaak).

Module 10

Die Finale Snit
  • Redigeer jou artikel volgens basiese riglyne.
  • Verstaan die verskillende tipes dekbriewe en hoe om jou artikel op ’n professionele wyse aan te bied.
  • Betalings
  • Oorwin terugslae en skrywersblok.
  • Verstaan die grondbeginsels van kopiereg en sindikasie.
  • Werkstuk 11: Redigeer jou artikel en lê dit saam met ’n dekbrief voor (beoordelings- en terugvoertaak).

Module 11

Skryf vir Webtydskrifte
  • Hoe artikels vir die web van tydskrifartikels verskil
  • Die gebruik van sleutelwoorde, opskrifte en hiperskakels
  • Hoe om ’n artikel vir ’n webtydskrif te skryf
  • Skryfoefening: Skryf ’n artikel van 600 woorde vir ’n spesifieke aanlyn platform (vir assessering en terugvoer).

    NB: Let asseblief daarop dat die kursusnotas vir Module 11 slegs in Engels beskikbaar is.

Ons Studente Sê...

Yolanda van DeventerVryskutjoernalistieke kursus

Annelien is an outstanding tutor and mentor. She is very professional and knowledgeable and is an asset to any student. I would not have been able to complete this course with a distinction without her guidance, advise and support. I found the course exciting and challenging. It gave me insight into the industry and guided me step by step to becoming a better writer. It was a very enjoyable rewarding journey. What an inspirational, professional School. It is world class.
Leandri JoubertVryskutjoernalistieke kursus

Dit was 'n wonderlike ervaring! Die terugvoering was spoedig en uiters volledig. Die opleier was te alle tye behulpsaam en aangenaam. Sonder Danielle sou ek nie die kursus so baie geniet het nie. Sy is 'n regte diamant van 'n opleier. 'n Instansie van puik gehalte!
Marchand RossouwVryskutjoernalistieke kursus

The course was very informative, a lot more than I expected. It definitely was a very influential learning curve for me as I began the course with no previous exposure to the writing environment.
Pieter du ToitVryskutjoernalistieke kursus

To me, being a novice, I found the course very informative, clear and simply to the point. It provided a strong framework to enter the field of journalism with confidence. I found both my tutor’s approach, feedback, guidance and support to be of a very high standard. What a pleasure it was to be shaped by these professionals! The Writers College offers very practical courses and endeavours to equip students with all the necessary skills required in the field.
Amelia SteynVryskutjoernalistieke kursus

Ek het die kursus baie leersaam gevind. Die inhoud was uitdagend en baie interessant. Danielle was van groot hulp en ek het baie by haar geleer. Ek sien uit daarna om my eerste artikel te publiseer.

Ontvang hierdie bykomende voordele ...

Lewenslange toegang

Trek lewenslange voordeel uit toegang tot toekomstige kursusbywerkings.

Sluit aan by ons skrywersgemeenskap

Kry toegang tot ons vriendelike Facebook-gemeenskap, daaglikse skryfwenke en skryfinspirasie.

500+ bonusartikels op ons blog

’n Uitstekende hulpbron met relevante artikels oor verskeie aspekte van skryf en onderhoude met skrywers.

Werk teen jou eie pas

Ons kursusse pas by jou beskikbare tyd aan. Jy kan dus jou kursustye vrylik rondom jou alledaagse aktiwiteite beplan.

Werksgeleenthede

Topstudente word uitgenooi om by ons ‘skrywer- en redakteur-huurdiens’ aan te sluit.

Wees van die eerste skrywers om van nuwe skryfkompetisies uit te vind

Ons maak seker dat jy van die jongste kompetisies weet.Ons maak seker dat jy van die nuutste kompetisies weet.

Ons bied ’n risiko-vrye, 100% geld-terug waarborg

Ons is só seker dat jy jou kursus sal geniet, dat ons ’n 100% geld-terugwaarborg bied indien jy nie met die gehalte van die kursus tevrede is nie.

Vul die aansoekvorm in en skop af met die vryskutjoernalistieke kursus.

Jy sal binne een werksdag ’n goedkeurings-e-pos en faktuur ontvang.

*Kontak admin as die aansoekvorm nie ingedien word nie, en ons sal u help.

Het jy Vrae?
Ons het Antwoorde!

 

Die kursus bestaan uit elf modules. Jy sal uitvoerige kursusnotas per e-pos ontvang. Ná elke module sal jy versoek word om skryfoefeninge te doen. Die kursus bestaan uit ’n totaal van twintig take en elkeen tel vir jou finale punt. Sodra take afgehandel en per e-pos aan jou studieleiergestuur is, sal assessering en terugvoer plaasvind, waarna jy die volgende module uit ons Studentesentrum kan aflaai.

Absoluut. Jy het direkte kommunikasie met jou studieleier regdeur die loop van die kursus. Meer vrae beteken dat jy die maksimum voordele uit hierdie kursus sal trek.

Jy sal lewenslange toegang kry, sowel as enige toekomstige bywerkings en verbeterings aan die kursus.

 

Vir die grootste deel van al ons kursusse sal slegs jou mentor jou werk sien. Dit bly privaat totdat jy besluit om dit te laat publiseer. Die skryfstukke van die joernalistieke kursus mag dalk in die publieke domein gepubliseer word, maar jy het steeds die finale sê.

 

Studente sal ’n SA Writers College-sertifikaat ontvang indien hulle die kursus afhandel en aan die volgende vereistes voldoen:

  • Studente moet al 20 take afhandel.
  • Die kursus moet binne 12 maande vanaf registrasie afhandel word.
  • Studente moet ’n minimum van 50% behaal.
  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik.
  • Basiese rekenaarvaardighede, e-pos en internet toegang word benodig.
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasies word vereis nie.

Omdat jy met ՚n individuele studieleier sal werk, kan jy enige tyd van die jaar aansoek doen om met jou kursus te begin. Daar is nie spesifieke begindatums soos by tradisionele instansies nie.

՚n Aansoek word gewoonlik binne een werksdag goedgekeur. Sodra ons jou bewyse van betaling ontvang het, kan jy wegspring met jou kursus.

Leestyd: 18 uur

Skryftyd: tot sowat 35 uur

Navorsingstyd: 6 – 10 uur, afhangende van die ingewikkeldheid van die artikelonderwerp

Sodra ՚n applikasie goedgekeur is sal jy ՚n e-pos met ՚n faktuur ontvang. Nadat ons die bewys van betaling ontvang het sal ons die eerste module per e-pos stuur. Jy sal ook jou studieleier se e-pos adres en jou aantekenbesonderhede ontvang. Jou studieleier sal jou kontak om jou te verwelkom.

Enige werk wat jy tydens ՚n kursus skep behoort aan jou. Ons sal nooit ՚n eis instel tot enige iets wat jy vervaardig nie. Ons werk volgens die reël dat alle kopieregte die skepper s’n bly (dis nou jy).

'Dankie vir die goeie kursus. Ek het dit geniet en baie geleer. Die kursus het my verwagtinge oortref.'

Suzan Venter, Vryskutjoernalistieke Kursus

Het jy nog vrae?

Ons wil jou graag help om die beste kursus vir jou behoeftes te kies. Vertel ons watter tipe skryfstyl jy die graagste wil ontwikkel en ons gee vir jou die korrekte opsies om te oorweeg.

Our Refund Policy

If within seven days of starting your course you are not happy on your course, we can either transfer you to a different course or provide a full refund.

If you request a refund after seven days and before 30 days we will charge a 5% administrative fee, as well as any bank fees and tutor fees already incurred.

We do not offer a refund after 30 days on the course.