Oorwin Skrywersblok: Praktiese Wenke vir Kreatiewe Sukses

skrywersblok

DEUR ANNEKE VAN NIEKERK

Is jy vasgevang in die wurggreep van skrywersblok? Oorkom hierdie kreatiewe hindernis met praktiese wenke en herontdek die vreugde van skryf.

Elke skrywer staan een of ander tyd voor die uitdaging van skrywersblok. Jy sit voor die rekenaar en die toetsbord is stil. Die leë skerm weerspieël jou gebrek aan inspirasie. Perfeksionisme, die vrees vir kritiek en ander faktore soos dinge wat jou aandag aflei, kan die skuld kry vir hierdie toestand. 

Kom ons fokus op wat jy kan doen om hierdie struikelblok te oorkom en hoe jy jou kreatiwiteit weer kan vind. Hier is ’n paar wenke wat jy kan probeer:

Vestig ’n skryf roetine:

Een van die belangrikste stappe is om ’n daaglikse skryf roetine te vestig en dáárby te hou. John Rogers het gesê:

“You can’t think yourself out of a writing block; you have to write yourself out of a thinking block.”  

Moenie wag vir inspirasie nie, maar voeg daad by die woord! Dit is ook belangrik om bewus te wees van die tyd van die dag wat jy produktief en of kreatief voel. Is jy ’n naguil, of verkies jy eerder die stilte van die vroeë oggend vir jou skryftyd?  Laat dit jou lei wanneer jy tyd opsy sit om te skryf.

Doen skryf oefeninge:

Probeer vryevloei-skryf om perfeksionisme te oorkom.

Stel ’n wekker vir ’n bepaalde tyd en laat jou gedagtes vrylik vloei. Skryf alles neer wat by jou opkom sonder om te stop of aan taalfoute te dink.

Daar is ook vele ander Skryf oefeninge wat jy kan probeer en wat jou sal help om inspirasie te kry om aan die skryf te kom.

Neem kort breuke terwyl jy skryf.

Moenie vir ure aaneen skryf nie.  Beplan kort, gestruktureerde pouses tussen jou skryfwerk. Stel jou wekker en neem af en toe ’n vinnige breuk.

Deur ’n kort rukkie op iets anders te fokus, sal dit jou help om vars na jou skryfwerk te kyk en nuwe perspektief te kry.

Kreatiwiteitssafrigting:

Kreatiwiteitsafrigting kan ’n baie handige hulpmiddel wees. ’n Afrigter kan persoonlike ondersteuning aan skrywers bied.

Deur insiggewende gesprekke met ’n terapeut te hê, kan jy vasstel waarom jy jou in die slaggat van skrywersblok bevind. Kwessies soos perfeksionisme of die vrees vir kritiek kan jou lamlê. Met die kundige hulp van ’n kreatiwiteitsafrigter kan jy jou passie vir skryf herontdek.

Stel realistiese doelwitte:

Die sleutel is om skryf doelwitte te stel wat haalbaar is binne jou eie skryf ritme en omstandighede. Besluit hoeveel woorde of ure jy per dag of week wil skryf.

Dit bied struktuur, verminder druk, en bied ‘n meetbare manier om vordering dop te hou. Dit sal jou motiveer en die selfvertroue gee wat die kreatiewe proses bevorder.

Lees! Lees! Lees!

Susan Reynolds, die skrywer van die boek  Fire Up Your Writing Brain: How to Use Proven Neuroscience to Become a More Creative, Productive, and Successful Writer  beklemtoon die belangrikheid van diep lees.

“Diep lees” word omskryf as stadige, deurdringende lees wat ryk is aan sensoriese detail en wat vol emosionele en morele kompleksiteit is.

Lees gedigte, literatuur of nie-fiksie om jou te help om die kreatiewe brein te stimuleer en om skrywersblok te oorkom.

Laat die skrywersblok nie langer ‘n hindernis wees nie, maar eerder ’n geleentheid vir kreatiewe groei. Bly skryf, stap vir stap, woord vir woord en onthou, daar is geen magtiger wapen as vasberadenheid en kreatiewe uithouvermoë nie.

Anneke van Niekerk is gebore in die Oos-Kaap. In 2002 het sy haar LLB-graad behaal aan die Universiteit van Stellenbosch. Skryf was altyd ’n passie en tydens haar loopbaan as prokureur het sy nie die pen neergelê nie. Terwyl sy kinders grootgemaak het, het sy dienste aangebied wat skoolkinders help met die skryf van redenaarstoesprake. Later het sy ook ’n kursus in vryskut-tydskrifjoernalistiek voltooi wat haar liefde vir skryf met haar belangstelling in nuus en die media verenig het. Gedurende haar vrye tyd geniet Anneke ’n goeie koppie koffie en spandeer tyd met haar gesin.

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn
On Key

Related Posts

Our Refund Policy

If within seven days of starting your course you are not happy on your course, we can either transfer you to a different course or provide a full refund.

If you request a refund after seven days and before 30 days we will charge a 5% administrative fee, as well as any bank fees and tutor fees already incurred.

We do not offer a refund after 30 days on the course.